GODS OPROEP
U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit U hand kom net wat mooi is. –
Ps. 16:11
Die
oproep tot gebed weerklink in my hart.
Ek word stil, ek ontspan en gaan my binneste heiligdom binne. Dit is hier waar ek alle strewes stil, en
alle persoonlike behoeftes en begeertes onvoorwaardelik in Gods hande plaas.
Elke
skadu word uitgewis in Sy lig. Elke
probleem word opgelos in Sy wysheid.
Elke fout word gekanselleer in Sy
liefde. Ek rus in Sy hemelse teenwoordigheid.
Die
oproep tot gebed kom van my Heer. As ek
daarop reageer en my tot Hom wend, glo ek en weet ek dat ek die mens kan wees
wat ek so graag wil wees. Ek kan dit wat
my hartewens is bereik.
My
verstand is oop vir God lig; my hart is
oop vir Sy liefde; en my liggaam vir Sy
lewenskrag. Alles om my is rustig en
vreedsaam, want die vrede van God heers hier.
My sake en belange word reggestel en verloop ordelik en volgens plan,
want ek het Hom daarin geken.
Gebed: Ek bid
en my gedagtes bly God-gerig.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment