GEBED
Bid gedurig.
- 1 Tess. 5:17
Daar
is mense wat hulle hande saamslaan wanneer iets ernstigs met hulle gebeur, en
amper wanhopig sê: “Al wat ek nou kan
doen, is om te bid.” Onder sulke
omstandighede is dit seker die enigste ding wat ons kan doen, maar om te bid,
is ook die grootste ding wat ons kan doen!
Waarom
die grootste ding? Kom ons kyk. Deur te bid, erken ons dat Gods hulp altyd
beskikbaar is. Dat Hy onder alle
omstandighede, op enige plek, enige tyd, altyd daar is vir ons. Gebed herinner ons daaraan dat dit nie ons is
wat die werk doen nie, maar dat dit sy krag is wat in en deur ons werk en van
ons wenners maak. Gebed verseker ons
daarvan dat God in beheer is en alles is wel – ons kan maar laat los en Hom
laat oorneem. Ons bid, Hy neem ons hand,
en lei ons na waters waar rus is. Hy
verkwik ons siel met ‘n diep vrede en rus.
En
gebed werk! Gebed maak die deur tot Gods
lig, liefde en krag wawyd oop, en wondere begin geskied in ons en om ons! Gebed is voorwaar die grootste ding wat ons
kan doen!
Gebed: Dankie,
Heer! Ek bid gedurig!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment