Showing posts with label Gebed. Show all posts
Showing posts with label Gebed. Show all posts

Saturday, 5 May 2018

"EK KAN NIE BID NIE!"

"EK  KAN  NIE  BID  NIE!"
deur Milanie Vosloo
.
Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid.  Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie.  Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie.  -  Romeine 8:26
.
Daar's tye in ons lewe wat ons eenvoudig net nie kan bid nie. Dis asof daar 'n groot muur tussen ons en God is en ons wil uitroep: "Here, ek kan nie met U praat nie!  Woorde wil nie vorm uit my seer nie.  My gedagtes spring soos popcorn in 'n mikro rond. Miskien ... wíl ek nie bid nie? ... O Gees, bid asseblief vir my ..."
Die oomblik wanneer jy so jou afhanklikheid verklaar, kan jy weet: "Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet wat die Gees in die oog het - dat Hy in harmonie met God se wil vir die gelowige intree" (Rom 8:27).  Hoor jy dit?  En besef jy dat die liefdevolle Gees van God jou hart volkome verstaan en dat Hy in súlke tye vir jou bid?  Jy hoef dus nóóít te wanhoop wanneer jy nie kan bid nie.  Jy kan in sulke tye maar net stil word in die teenwoordigheid van God, jou gedagtes vrylik laat vloei en toelaat dat die Gees jou gedagtes vir jou vorm.
.
Heilige Gees, ek kan nie bid nie.  Sal U dit asseblief vandag vir my doen?
.
God vereis nie die regte woorde, perfekte gebede en immer-gehoorsaamheid voordat Hy ons met sy teenwoordigheid bederf nie.  Hy vra net 'n nederige en opregte hart.
.
~ Uit Laat Sy Liefde Jou Lei : Cum Uitgewers ~
.
Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
.

Sunday, 6 September 2015

Gebed






GEBED


‘n Mens moet gelowig bid en nie twyfel nie.  -  Jak. 1:6


Geloof wanneer ons bid, is die antwoord, ánders is jy soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word ... sê Jakobus verder.

Sóms, as ons gebid het, en álles in ons vermoë gedoen het om omstandighede te verbeter, maar dit lyk asof daar niks gebeur nie, begin ons wonder of ons gebed óóit beantwoord gaan word, en onmíddellik is ons die hulpelose brander in die see!

Dán het dit tyd geword om vás te staan in ons geloof.  Om te wéét, toe ons gebid het, hét die krag van God oorgeneem, ál kan ons nie sy werke sien nie.  Om só te glo, dat ons die geringste vrees of twyfel ónmiddellik kan vervang met ‘n líéd van dank, kán ons seker daarvan wees dat dinge sál verander – Gods werke kan nóóit faal nie.

Ons bid, en wag gedúldig op die vólmaakte werk van Sý wonder-werkende Lig, Liefde en Krag en élke keer wanneer ons dit síén, is ons geloof so ‘n bietjie sterker.


Gebed:  U werke, Heer, faal nóóit, en ek sê dankie, dankie dierbaarste Heer!



~ Uit Daelikse Woord ~



  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





poppieoosthuizen  @  gmail.com




Thursday, 11 October 2012





GEBED


Bid gedurig.  -  1 Tess. 5:17


Daar is mense wat hulle hande saamslaan wanneer iets ernstigs met hulle gebeur, en amper wanhopig sê:  “Al wat ek nou kan doen, is om te bid.”  Onder sulke omstandighede is dit seker die enigste ding wat ons kan doen, maar om te bid, is ook die grootste ding wat ons kan doen!

Waarom die grootste ding?  Kom ons kyk.  Deur te bid, erken ons dat Gods hulp altyd beskikbaar is.  Dat Hy onder alle omstandighede, op enige plek, enige tyd, altyd daar is vir ons.  Gebed herinner ons daaraan dat dit nie ons is wat die werk doen nie, maar dat dit sy krag is wat in en deur ons werk en van ons wenners maak.  Gebed verseker ons daarvan dat God in beheer is en alles is wel – ons kan maar laat los en Hom laat oorneem.  Ons bid, Hy neem ons hand, en lei ons na waters waar rus is.  Hy verkwik ons siel met ‘n diep vrede en rus.

En gebed werk!  Gebed maak die deur tot Gods lig, liefde en krag wawyd oop, en wondere begin geskied in ons en om ons!  Gebed is voorwaar die grootste ding wat ons kan doen!


Gebed:  Dankie, Heer!  Ek bid gedurig!


~ Uit Daelikse Woord ~