Showing posts with label BLYDSKAP. Show all posts
Showing posts with label BLYDSKAP. Show all posts

Monday, 23 July 2018

BLYDSKAP






🌿🌷🌿 BLYDSKAP 🌿🌷🌿
deur Milanie Vosloo
.
Juig tot eer van die Here, almal op die aarde, wees vrolik, juig en sing! Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig, die riviere moet hande klap en die berge moet saam juig voor die Here ... - Psalm 98:4, 7-9
.
Die hitte van die son op my vel; 🔆
vars reuk van fynbos teen die hang; 🌱
'n swewende seemeeu teen die blou lug; 🐦
vrolike gekwetter van vinke op die stoep; 🎶
stroopsoet waatlemoen op my tong; 🍉
.
O Gees ... die wete dat Ú daar is.
Dit alles maak die lewe
'n ónmeetlike stuk wonderwerk!
U maak die lewe súíwer blydskap. 🕊️
.
Daar is rondom ons so 'n skouspel oorvloed, sovéél spandabelrige rykdom en absurde detail dat ons in sprakelose verwondering na ons asem sou snak as ons dit maar nét wil raaksien. - Michael Mayne 👀
.
Jesus ❤️
.
👣 Poppie 👣
.



Tuesday, 8 December 2015

Blydskap








Blydskap


Blydskap laat ‘n mens se gesig straal.  -  Spr. 15:13


As ons vrolik en opgeruimd is, skep ons vreugde en geluk so ver ons gaan.  Ons is opgeruimd en vrolik want ons weet die Heer van ons hart heers in ons lewens, en ons weet God is nog in beheer van Sy wêreld en alles daarin.

Om vrolik te wees, beteken ons benader die lewe positief en optimisties.  Ons geniet dit om te lewe en geniet ons samesyn met al Gods kinders wat saam met ons hierdie aarde bewoon.  Ons geniet hulle geselskap, en hulle geniet ook ons geselskap, want niks is so aansteeklik soos ‘n vrolike hart nie!

Ons blydskap maak elke las lig, vernietig alle kommer en maak elke vriendskap iets besonders.  Ons vrolikheid is soos ‘n borrelende fontein wat oorloop en almal wat ons raakloop, binnevloei.

Wat ‘n wonderlike geskenk is vrolikheid nie vir beide die gewer en die ontvanger.  En ons is gewers en ontvangers van blydskap en vreugde, want ons is God se stralenede, gelukkige, vrolike kinders!


Gebed:  Ek is ‘n stralende, gelukkige vrolike kind van God en sê dankie diep uit my hart uit daarvoor.



~ Daelikse Woord ~




  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




Sunday, 27 September 2015

Blydskap








BLYDSKAP


Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige naam.  -  Ps. 97:12


Gíster nog het ek U gesoek, Heer, en vándag loop my hart oor van pure blýdskap en dank oor *dít* wat ek gevind het!  In álles en álmal om my sien ek die wónderwerke van Ú lig, Ú liefde en Ú krag.  In díépe ootmoed word ek dan stil voor  U, ek raak die soom van U klééd aan, en die vréúgde wat my siel binnevloei in tye soos híérdie, ken géén grense nie!


Dit laat ‘n liéd in my siél ontwaak, ‘n vrolike lied wat almal óm my seën en óphef, ‘n vrolike lied wat opklink tot by U tróón, en vréde en vréúgde bring op aarde.


My héle wêreld verander.  Álles word móóier, mense word vríéndeliker, hármonie en blýdskap heers, en ons prys Ú heilige naam!


Ek wil nié graag hierdie blydskap wat net Ú my kan gee, verloor nie, Heer, daarom gaan ek my daarop tóélê om élke dag ‘n tydjie af te sonder om alléén saam met U te wees – om opnúút gevul te word met Ú liefde wat sóveel vreugde bring.  Dánkie, Heer, dat U áltyd daar is in mý!


Gebed:  Ek is blý in die Here!



~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com









Saturday, 27 September 2014

BLYDSKAP





Die blydskap in die Here - dit is julle beskutting. - Neh. 8:11


My blydskap in die Here ken geen perke nie.  Dit vul my hart tot oorlopens toe.  My siel sing in my, en vrolik en bly, vol entoesiasme, gaan ek voort op my pad van lig.

Elke dag is 'n avontuur waarin ek al hoe meer van die wondere van Gods wêreld om my  ontdek. Geen uitdaging kry my onder nie, want ek weet ek beskik oor die vermoë om bo enigiets wat dreig om my aan bande te lê, uit te styg. Ek struikel nie en ek huiwer nie, want my blydskap in die Here is my krag.

Die blydskap in die Here waarvan my hart so vol is, die blydskap wat my siel laat sing, maak my sterk en vol moed. Dit werk en straal in my en om my, en almal met wie ek my lewe deel, word daardeur geraak en opgehef.

My blydskap in die Here is 'n liefdevolle stut onder my wat my in staat stel om my doelwitte met sukses na te streef. Met moed en durf doen ek dit wat vir my die heel beste is onder die omstandighede waaronder ek my tans bevind.


Gebed: My blydskap in die Here is my krag.



~ Uit Daelikse Woord ~



Wednesday, 18 September 2013

BLYDSKAP






Met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word.  -  Jes. 55:12

‘n Klein kindjie kyk met vreugde en blydskap na alles om hom, want hy sien in alles uitdagende avonture.  Elke ding is nuut en die moeite werd om te ondersoek.  Niks is te klein en onbelangrik om oorgesien te word nie.

Só kan ons óók na die wêreld om ons kyk – met oë vol verwagting.  Selfs in die nietigste takie kan ons vreugde vind as ons dit sien as deel van die ervaring van die lewe.

Blydskap is nie net ‘n gemoedstoestand nie.  Dit is ‘n manier van lewe.  As ons bewus word van die blydskap diep in ons hart – ‘n blydskap wat ons siel laat sing, borrel dit oor soos ‘n fontein en vul ons hele wese.  Hierdie innerlike vreugde is onaantasbaar want dit is gegrondves op God en Sy nimmereindigende liefde vir ons.

Ons is Sy kinders – dit weet ons, en ons leef in ‘n wonderlike mooi wêreld deur Hom geskep – is dit nie genoeg om ons stralend bly en vrolik te maak nie?

Gebed:  Ek is ‘n vrolike kind van God.

~ Uit Daelikse Woord ~

Monday, 4 March 2013





BLYDSKAP

Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig ... die veld en alles daarop moet jubel, al die bome in die bos moet  hulle verheug voor die Here, want Hy kom.  -  Ps. 96:11-13

Luister ... kan jy dit hoor?  Dit is ‘n lied van blydskap wat weerklink oor die hele aarde heen.  Van die kleinste voëltjie tot by die magtigste waterval, hoor ons hierdie hemelse melodie.

Sal ons saam sing?  Sal ons die loflied in ons siel laat weerklink in ons woorde -  die lied wat aan ‘n ieder en ‘n elk wys hoe bly ons is om te kan leef in hierdie wonderlike wêreld?

Ons sing ‘n lied van dank vir die hemelse gawes waarmee God ons so ryklik seën, en wat ons vrylik kan gebruik om andere om ons ook te seën en op te hef.  Ons is bly en dankbaar oor alles wat ons is, alles wat ons het en alles wat ons moet en kan doen om hierdie wêreld nog mooier, voller en ryker te maak – gereed vir die koms van die Here, want Hy kóm!

Ons sing ‘n vrolike lied tot eer van God – ons sien Sy lig helder skyn in ons en om ons, ons deel Sy liefde in ons harte met elkeen wat ons pad mag kruis – en gaan vrolik en bly voort op ons pad van lig!

Gebed:  Vrolik en bly sing ek op my pad van lig!

~ Uit Daelikse Woord ~





Monday, 31 December 2012





BLYDSKAP

U leer my hoe om te lewe.  By U is daar oorvloedige blydskap.  -  Ps. 16:11

Heer, ek het altyd gedink ek weet wat dit beteken om opgeruimd en vrolik te wees, tot ek na myself met nuwe oë begin kyk het, en besef het hoe diep en oorvloedig die blydskap is wat daar net by U te vinde is – U Heer, leer my waarlik hoe om te lewe!

Met ‘n lied in my hart gaan ek die oujaar uit en 2013 vreesloos binne op my pad van lig, want ek weet, wat ookal op my wag, U is elke oomblik van elke dag net hier by my.  Hoe groot die seën van U vreugde wat vanuit my diepste wese opborrel en sigbaar word in my lewenslus en gesondheid – in my deernis en respek vir alle lewe.

U blydskap diep in my wese laat my siel sing van vreugde.  Dit kan gesien word in die vonkel in my oë, dit kan gehoor word in die vrolike lag wat vanuit my siel weerklink – ‘n blydskap so aansteeklik dat dit almal om my ophef en seën, en vir hulle ook ‘n nuwe betekenis aan hul lewens gee.  Die verhoudings tussen my en almal om my is mooi Heer, want dis U liefde wat ek uitstraal en wat vir myself soveel vreugde gee.

Gebed:  Baie, baie dankie, dierbare Here, dat U my SO bly maak!

~ Uit Daelikse Woord ~





Thursday, 13 December 2012





BLYDSKAP


So ‘n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee.  – Pred. 5:19


Hoe heerlik om so vol blydskap te wees dat ‘n mens skaars dink oor wat in jou lewe gebeur.  En wanneer is ‘n mens dan só vol blydskap?  Slegs wanneer hy leef vanuit die liefde van die Heer van sy of haar hart.  Slegs wanneer hy of sy Christus ken as die oppergesag in héél sy of haar lewe.

“Heer, U is die vreugde wat my opbeur wanneer ek soms af voel.  U is die krag wat my aanspoor om blymoedig voort te gaan wanneer ek bekommerd is oor die uitdaging wat voor my lê.

In die stilte van my diepste heiligdom binne-in my plaas ek U elke dag in beheer van my lewe en alles wat my en my geliefdes aangaan, en met ‘n vreugde diep en suiwer, sien ek die wonder van Gods lewenskrag in en deur alles en almal om my pols, en ek sê dankie dat ek deel kan wees van Sy grootse skepping.

Heer, dit is U dag hierdie.  Vandag sal ek U dien.  Ek sal U krag, U liefde en lig uitleef teenoor alles en almal wat my pad mag kruis.  Ek sal vandag sing en vrolik wees op my pad van lig.  Ek sal vandag met liefde gee en gelukkig wees!”


Gebed:  Vandag gee ek met liefde en is, o, so bly!


~ Uit Daeliksewoord ~








Wednesday, 15 August 2012









BLYDSKAP


‘n Vrolike hart maak die aangesig bly.  -  Spr. 15:13 OV


Hoe heerlik die wete dat ons geliefde kinders van ‘n hemelse Vader is, nooit alleen op ons lewenspad nie en nooit sonder Sy krag en bystand elke oomblik van elke dag nie.  Soos die blomme en die bome om ons die wonder van Sy lewenskrag weerspieël, so weerspieël ons doen en late ook die wonder van Christus in ons – ‘n waarheid wat ons siel laat sing.

Op mooi dae, wanneer alles met ons goed gaan, klink die melodie helder en suiwer – dit maak ons aangesig bly.  En op minder mooi dae, wanneer die eise te veel word, die seer te diep, word die melodie vir ‘n rukkie miskien stil, maar in ons diepste wese kan niks of niemand dit uitwis nie, en die rus en vrede wat dit bring, is al wat ons nodig het om weer voort te gaan op ons pad van lig.

Ons vrolike hart maak ook andere om ons bly.  Al hoe wyer kring dit uit, en hoe wyer dit uitkring, hoe meer harmonie is daar, hoe meer liefde en laggies, en hoe mooier word elke dag in Gods liefde en lig.


Gebed:  My vrolike hart maak almal bly.


~ Uit Daelikse Woord ~


Thursday, 12 July 2012





BLYDSKAP


Blydskap laat ‘n mens se gesig straal.  –  Spr. 15:13


As ons vrolik en opgeruimd is, skep ons vreugde en geluk so ver ons gaan.  Ons is opgeruimd en vrolik want ons weet die Heer van ons hart heers in ons lewens, en ons weet God is nog in beheer van Sy wêreld en alles daarin.

Om vrolik te wees, beteken ons benader die lewe positief en optimisties.  Ons geniet dit om te lewe en geniet ons samesyn met al Gods kinders wat  saam met ons hierdie aarde bewoon.  Ons geniet hulle geselskap, en hulle geniet ook ons geselskap, want niks is so aansteeklik soos ‘n vrolike hart nie.

Ons blydskap maak elke las lig, vernietig enige kommer en maak elke vriendskap iets heel besonders.  Ons vrolikheid is soos ‘n borrelende fontein wat oorloop en almal wat ons raakloop, binnevloei.

Wat ‘n wonderlike geskenk is vrolikheid vir beide die gewer as die ontvanger nie.  En ons is gewers en ontvangers van blydskap en vreugde, want ons is Gods stralende, gelukkige, vrolike kinders!

Gebed:  Ek is ‘n stralende, gelukkige, vrolike kind van God, en skep vreugde en geluk so ver ek gaan.


~ Uit Daelikse Woord ~




Wednesday, 28 March 2012





BLYDSKAP

U leer my hoe om te lewe.  By U is daar oorvloedige blydskap.  Uit U hand kom net wat mooi is.
Ps. 16:11

Ek word stil, ek ontmoet my Heer diep in my hart, ek sê dankie vir hierdie mooi dag, en ‘n ongekende diep blydskap vul my gemoed.  Dit lag in my oë, dit word gehoor in my opgeruimde stem, dit dra die seën van ‘n glimlag oor aan elkeen wat my pad mag kruis.  Die oorvloedige blydskap wat heers in my hart, die plek waar my Heer woon, maak hierdie dag vir my vol vreugde, en vry en bly gaan ek voort op my pad van lig.

Vandag is ‘n besondere geskenk uit ‘n Vaderhart vol liefde – ‘n geleentheid om die vrolikheid wat my hart so laat sing, ook te deel met andere.  Blydskap en liefde loop hand-aan-hand en die blydskap wat ek teenoor andere toon, is geseën met die liefde wat ek het om te gee.  En die wonder is – hoe meer ek gee, hoe meer het ek om te gee!

Vandag laat ek die lig van my blydskap skyn op ‘n mooi wêreld, gevul met mooi mense, diere,  bome en blomme.  Hoe wonderbaarlik is hierdie dag.  Hoe groot my dank!

Gebed:  Wonderbaarlik is hierdie dag, wat U ons gegee het, baie dankie dierbare Hemelse Vader.

~ Uit Daelikse Woord ~


Wednesday, 8 February 2012




BLYDSKAP

Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel. 
Ps. 126:2  OV

Vir al die skoonheid en wonder van ons wêreld, vir elke mooi nuwe dag, is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel!  So groot is ons vreugde dat dit elkeen wat ons pad mag kruis ophef.

Ons soek die goeie in alle situasies.  Dit mag soms vir ons onmoontlik wees om onmiddellik die blink kant te sien, maar ons weet dat dit een of ander  tyd sigbaar sal word.  Ons raak ontslae van alle spanning en vrese – ons ontspan in die wonder van Gods liefde en lig ook vir ons.

Soms mag ons moedeloos raak – die wolk bly donker en die lig wil net nie deurbreek nie.  Ons gedagtes is in so ‘n harwar dat dit selfs vir ons moeilik is om te ontspan.  Daar is egter nog een wonderlike gawe waaroor ons beskik.  Dit is ons vermoë om mooi herinneringe op te roep.  As ons begin dink aan die aangename ervarings in ons lewe of iets moois en bedagsaam wat iemand een of ander tyd vir ons gesê het, sal ons siel weer begin sing van blydskap, en weldra sal al die wolke verdwyn!

Gebed:  My siel sing binnekant my!

~ Uit Daelikse Woord ~