Met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei
word. -
Jes. 55:12
‘n Klein kindjie kyk met vreugde en blydskap na alles
om hom, want hy sien in alles uitdagende avonture. Elke ding is nuut en die moeite werd om te
ondersoek. Niks is te klein en
onbelangrik om oorgesien te word nie.
Só kan ons óók na die wêreld om ons kyk – met oë vol
verwagting. Selfs in die nietigste takie
kan ons vreugde vind as ons dit sien as deel van die ervaring van die lewe.
Blydskap is nie net ‘n gemoedstoestand nie. Dit is ‘n manier van lewe. As ons bewus word van die blydskap diep in
ons hart – ‘n blydskap wat ons siel laat sing, borrel dit oor soos ‘n fontein
en vul ons hele wese. Hierdie innerlike
vreugde is onaantasbaar want dit is gegrondves op God en Sy nimmereindigende
liefde vir ons.
Ons is Sy kinders – dit weet ons, en ons leef in ‘n
wonderlike mooi wêreld deur Hom geskep – is dit nie genoeg om ons stralend bly
en vrolik te maak nie?
Gebed: Ek is ‘n vrolike kind van God.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment