Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe. - 2
Kor. 9:15
In die Onse Vader, en in Sy ander leerstellinge, het
Jesus deurgaans verwys na God as Vader.
En deur Sy woorde en Sy dade, het Hy beklemtoon dat daar ook ‘n baie
spesiale verwantskap tussen ons en God, ons hemelse Vader, is.
Soos ‘n liefdevolle ouer sien Hy na ons om, en dit wat
Hy weet tot ons heil sal wees, bied Hy ons in oorvloed aan. As ons net vir ‘n oomblik stilstaan en ons
seëninge begin tel, sal ons verbaas wees oor wat God ons bied, en begin wonder
hoe ons Hom ooit genoeg kan loof en eer.
Vir die kos wat ons eet, ons gesondheid en die dak oor
ons kop, sê ons dankie. Vir al die
wonderlike vriende met wie ons ons dae
kan deel – vir familie, vriende en medewerkers – hoe kan ons óóit genoeg dankie
sê?
En bowe-al alles, ons diepste dank en lof aan ons
hemelse Vader vir die voorreg om Sy kinders genoem te word, en vir Sy Seun wat
elke dag saam met ons al ons lief en ons leed deel – baie, baie dankie, Vader!
Gebed: Dankie Vader, dat ook ek U kind genoem kan
word.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment