Ek is by julle al die dae. – Matt. 28:20
Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van
die wêreld, het Jesus gesê toe Hy opgevaar het na die hemel. Ál die dae!
Dus, Hy is vandag nog stééds so met ons soos 2000 jaar gelede met die
mense in Palestina. Hóé heerlik die
wete!
Nóóit is ek alleen nie – U is met my, elke oomblik van
élke van elke dag!
U stap saam met my, U lag saam met my, U sing saam met
my, en my lof en dank vir hierdie grootse wonder ken geen perke nie.
Hoe groot die gevaar wat ons nou mag bedreig ookal is,
ek is nóóit alleen nie – U beskerm en behoed my en niks en niemand kan my te na
kom nie. U is in my, en ek is in U. U is krag, dus is ek krag. U is liefde, dus is ek liefde. Dit wat ek is in U kan níks en niémand ooit
skade aandoen nie. Saam, is ons ‘n span
wat onwrikbaar staan wat ookal op ons pad mag kom.
Gebed: U is met my – in my – elke dag!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment