HARMONIE
Bo dit alles moet julle mekaar
liefhê. Dit is die band wat julle in
volmaakte eenheid saambind. - Kol. 3:14
Jesus het in harmonie met allerhande soorte mense
saamgeleef. Hy het miskien nie altyd
met diegene om Hom saamgestem nie, maar Hy het elkeen deur die oë van liefde
gesien.
Kan ék ook met iemand anders verskil sonder om
beledigend te wees? Natuurlik kan
ek! In enige verskil van opinie wat daar
mag opduik tussen my en my familie, ‘n vriend, medewerker of buurman, kán ek
kalm bly.
En dit doen ek deur Christus wat in my woon. In Sy liefde is ek taktvol, vriendelik en
liefdevol. Ek kyk met respek na andere
se idees, en besef dat elke mens die reg het om sy eie opinie omtrent ‘n saak
te hê.
Van Christus tot Christus kommunikeer ek met my
medemens. Die Christus in my raak die
Christus in hulle aan, en sonder dat hulle dit eintlik weet, reageer hulle op
die liefde waarmee ek hulle benader.
Ek kyk met die oë van liefde na my medemens, en
harmonie heers in my lewe.
Gebed: Ek kyk
na andere met oë van liefde.
~ Uit Daelikse Woord ~



