HARMONIE
Bo dit alle moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte
eenheid saambind. - Kol. 3:14
Harmonie bring die goeie en die mooie na vore. ‘n Soeke na harmonie bring Gods orde in
moeilike en ongelukkige menseverhoudings of uitdagings na vore.
Met liefde in my hart, is ek in harmonie met alles en
almal om my, en straal ek vrede en vreugde uit sover ek gaan.
Harmonie is altyd beskikbaar, en wanneer ek ‘n beroep
daarop doen om onaangename situasie binne te vloei, sal dit. Ek bevestig orde en harmonie vir alles en
almal wat my lewe raak.
Ook in my eie lewe streef ek na harmonie en
vrede. Ek sonder gereeld tyd af om my
diepste heiligdom binne te gaan in gebed, die plek waar ek gevul word met ál
die liefde, lig en genade wat ek nodig mag hê gedurende elke dag van my
lewe. My gedagtes word omskep in
lig-gedagtes, en ek weet dat dít wat met my gebeur, afhang van dit wat ek dink.
Harmonie en vrede heers in my gemoed!
Gebed: Harmonie en vrede heers in my gemoed.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment