SËEN HIERDIE
HUIS
Die Here op hierdie plek. -
Gen 28:16
‘n Seën vir ‘n tuiste is in werklikheid ‘n gebed wat
die mense wat al die mense wat daar woon asook dié wat daar kom kuier, omvou.
Ek seën my tuiste omdat dit meer is as net ‘n woonplek
is. Dit is ‘n plek van vrede en
harmonie, en wanneer ek mense in my tuiste verwelkom, verwelkom ek ook vir
Christus wat in hul woon.
Ek sien my huis as ‘n plek van gasvryheid. Die aangename atmosfeer wat hier heers, is as
gevolg van die aangename mense wat hier kom kuier en ook die aangename mense
wat hier woon.
In my gebede dink ek aan alle mense wat op soek is na
‘n huis, of smag na meer harmonie in die huise waar hulle woon. Mense en families wat moet verwissel van
woning en op nuwe plekke weer ‘n tuiste moet skep, het baie gebede nodig.
Maar in die besonder dink ek aan hergberglosemense wie
se diepste begeerte maar net is, om wanneer die onbekende nag aanbreek in
veiligheid te kan gaan slaap. Heel of verslete van binne of buite of meubels is
vir hulle nie voorwaardes of voorkeure nie.
Daarom bid ek met my hele hart vir elkeen van hulle, dat die Here Jesus
vir hulle uitkoms sal bring en ook vir hulle genadig sal wees en hulle sal seën
volgens sy wil en dat ons as Christenmense sal uitreik na hulle, al is dit op
die eenvoudigste manier. Die grootste
geskenk wat ons vir hulle kan gee, is om vir hulle te bid wanneer ons in die
aand gaan slaap.
Gebed: Seën my huis, Heer, met liefde, vrede,
harmonie en gasvryheid.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment