GOEIE VRYDAG
- OORWINNING
Ons oog is
nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare. - 2
Kor. 4:18
Vandag
herdenk ons seker die lelikste daad wat die mensdom nog óóit gedoen het op
hierdie aarde – naamlik die kruisiging van die Seun van God. As ons oë op die sigbare gebeurtenisse gerig
is, sal ons seer sekerlik in sak en as gaan sit met hierdie herdenking. Maar gelukkig, na al die eeue heen, kan ons
ons oë op die onsigbare rig.
Die geloof
van die dissipels was in flarde daar waar hulle gebroke voor die kruis van
Jesus gestaan het. Maar later het hulle
geleer dat die kruis maar net ‘n stopplek was op die pad na oorwinning en die
Opstanding. Vir die sondes van die
wêreld en die mens het Hy Sy bloed vergiet, en drie dae later het Hy opgestaan
en geseëvier oor alles en almal wat Hom probeer breek het.
Laat ons dan
ook vandag waar ons die kruishout gade slaan, alles wat ons aan bande lê – alle
sondes en griewe, neerlê aan die voet van die kruis om daar skoongewas te word
in Sy liefdesbloed, en ook ons sal, soos Jesus, oorwinnaars wees!
Gebed: Dankie Heer, vir ‘n rein
hart.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment