‘N DANKBARE HART
Here,
my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer.
Ps. 86:12
(OV)
Wanneer is ons so dankbaar
dat ons ons Here en God wil loof met ons hele hart en sy Naam vir ewig
eer? Wanneer Christus sy intrek in ons
hart geneem het - wanneer ons gedagtes
helder verlig word in die vlam van sy liefde in ons -
wanneer elke sel en atoom in ons liggaam helder verlig word in hierdie
helder stralende vlam wat deur niks en niemand uitgewis kan word as dit eers
eenkeer begin brand nie, en ons omskep word in ligwesens, dit is wanneer daar
geen perke aan ons lof en dank is nie!
Dit is wanneer ons met ‘n lied in ons hart rondloop, en God vir ewig
eer.
En hoe eer ons Hom? Ons eer Hom deur die liefde en deernis wat
ons toon teenoor ons medemens. Ons eer
Hom deur die lig-idees waarmee ons ook lig bring vir andere om ons. Ons eer Hom met ons diep geloof in sy werke
in ons en om ons, in ons land en in ons wêreld.
Voor die wonder van ons
mens-wees in Hom, voor die wonder van soveel lig in ons gedagtes en liefde in
ons hart, hoe kan ons óóit genoeg dankie sê?
Gebed: U Naam Heer, eer ek vir ewig!
~
Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment