VRY
Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die
plek van slawerny, bevry het. - Deut.
5:6
Ek begin ‘n nuwe lewe deur my vry te maak van ou
gedagte-patrone en leefwyses wat nie meer tot my heil is nie. Vry en ongebonde volg ek my pad van lig, in
harmonie met Gods goeie plan vir my.
As kind van ‘n Hemelvader is daar niks waarvoor ek
bang is nie. Stap vir stap volg ek Sy
lig wat so helder op my pad skyn – en ek weet wat om waar en wanneer te doen en
ek doen dit met vreugde in my hart.
Géén negatiwiteit van die verlede het enige houvas
meer oor my nie. God die Vader het my
vry gemaak, en in die krag van Hom wat in my woon, is ek daartoe in staat om
die bande wat my probeer bind, te verbreek.
Splinternuwe weë, nuwe deure gaan voor my oop, en my lewe begin weer
opnuut.
Uit die plek van slawerny het Hy my bevry. Van negatiewe herinneringe, gewoontes en
gedagtes het Hý my verlos, en hier en nou is die beginpunt van ‘n nuwe vryheid,
‘n nuwe lewe vir my!
Gebed: Ek is vry en begin opnuut!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment