OPTIMISTIESE
REAKSIE
‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens. -
Spr 17:22
Ons groet ander mense met die woorde: “Hoe gaan
dit?” Maar ons mag net sowel vir onsself
die vraag afvra: “Hoe gaan dit met my?”
Dít is my geleentheid om ‘n positiewe, gesonde
benadering te bevestig deur my eie antwoord te baseer op die werklikheid
instede van op die voorkoms van dinge, en deur my antwoord een te maak wat
lewe, gesondheid en heelheid benadruk in plaas van om uit te wy oor pyne, kwale
en probleme. Hoe gaan dit met my as ‘n
kind van God, ‘n geestelike wese?
Ek reageer hierop met sterk, positiewe gedagtes: “Ek is sterk, gesond, lewenskragtig en vol
energie. Ek is gelukkig en entoesiasties
oor die lewe. My probleme begin gladnie
meer so groot lyk as ‘n ruk tevore nie, want my Heer wag alreeds dat ek dit aan
Hom moet oorhandig!”
Wanneer ek die dag, naweek of nuwe week begin met hierdie positiewe gesindheid, het
dit dieselfde optimistiese uitwerking op almal met wie my pad deur die dag
kruis en met vreugde kan ek sê: “Ek is
‘n stralende kind van ‘n ongelooflike Hemelvader!”
Gebed: Ek is ‘n
geestelike wese.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment