Showing posts with label Lof. Show all posts
Showing posts with label Lof. Show all posts

Sunday, 3 January 2016

Lof









LOF


Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange.  -  Ps. 100:4


Sal dit nie so af en toe wonderlik wees as ons ons liefdevolle Skepper verras met ‘n gebed waarin ons *niks* anders doen as om HOM te *loof* en te *dank* vir die voorreg om net te kan lewe nie!  So ‘n gebed sal heelwaarskynlik nie net ons Skepper verbaas nie maar ook alle skepsels in die hemel en op die aarde.  Ook *óns* mag verbaas en verras wees met wat *in* en *deur* óns gebeur terwyl ons maar net lof bring en dánkie sê vir die voorreg om te kan lewe.


‘n Dánkbare gees is die wonderlikste instrument vir die verspreiding en ontvangs van goedheid in die wêreld en wanneer ons lof- en dankliedere sing, stel ons ons lewe oop vir Gód se guns.


Hier is ‘n gebed van suiwer dankbaarheid: “Ek loof en ek dank God vir die voorreg om te kan lewe.”  Bid hierdie gebed totdat u waarlik voel u is dankbaar, *só* dankbaar dat u ‘n lofsang wil sing!  U sal bly wees u het só gebid!


Gebed:  Ek loof en ek dank God vir die voorreg om te kan lewe!




~ Uit Daelikse Woord ~



  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com










Wednesday, 3 July 2013

LOF





Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! 
Ps.  103:2  (OV)


Lof!  Watter beter manier is daar om ‘n dag mee te begin as met lof – lof jeens God, lof jeens mense, lof en dank vir al ons baie seëninge?

‘n Geloofsversterker, dit is wat lof is!  Watter beter manier is daar om ons geloof te versterk as om die geloof wat ons het, te loof en te prys, al is dit net so groot soos ‘n mosterdsaad?   Watter beter manier is daar om ons geloof te laat groei, as om dankie te sê vir die feit dat God vir ons gee nog voordat ons vra?

‘n Sielsverheffer, dit is wat lof is!   Watter beter manier is daar om vrolik en bly te raak, om blymoedig te kan voortgaan op Gods pad van lig, as om Hom te loof en te dank vir die seker wete dat ons belangrik is vir Hom – dat ons sy geliefde kinders is?

‘n Afsluiting vir die dag, dit is wat lof is.  Daar is geen beter manier om ‘n dag mee af te sluit as met ‘n noot van lof en dank nie, vir al die seëninge van nog ‘n mooi dag saam met Hom.


Gebed:  Loof die Here, o my siel!


~ Uit Daelikse Woord ~