Showing posts with label Vrees. Show all posts
Showing posts with label Vrees. Show all posts

Tuesday, 15 September 2015

Vrees






Vrees


Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos.  Ek het jou by jou naam geroep.  Jy is Myne.  -  Jesaja 43:1



Hemelse Vader,


Hoe wonderlik is dit nie dat ek nie hoef te vrees nie –

omdat ek weet dat U my verlos het,

dat U my naam ken en ek aan U behoort.

Ek weet, Here, dat U by my sal wees

as ek deur diep waters moet gaan,

ek nie sal verbrand as ek deur vuur stap nie

omdat U my self bewaar.

U is my God

en omdat ek vir U kosbaar en belangrik is,

gee U mense in my plek,

volke in ruil vir my lewe;

laat U selfs toe dat u enigste Seun aan ‘n kruis sterf

sodat ek vir altyd kan lewe.

Dankie dat U by my is,

dat U alles van my weet en my steeds liefhet,

ôdat U van oomblik tot oomblik vir my sorg

en my van gevare sal vrywaar.

Ek loof U daarvoor!



Amen




Nina Smit  :  Vreugde in die môre



  :  Dierbre Jesus  @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





mamma333  @  gmail.com