Vrees
Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep. Jy is Myne.
- Jesaja 43:1
Hemelse Vader,
Hoe wonderlik is dit nie
dat ek nie hoef te vrees nie –
omdat ek weet dat U my
verlos het,
dat U my naam ken en ek aan
U behoort.
Ek weet, Here, dat U by my
sal wees
as ek deur diep waters moet
gaan,
ek nie sal verbrand as ek
deur vuur stap nie
omdat U my self bewaar.
U is my God
en omdat ek vir U kosbaar
en belangrik is,
gee U mense in my plek,
volke in ruil vir my lewe;
laat U selfs toe dat u
enigste Seun aan ‘n kruis sterf
sodat ek vir altyd kan
lewe.
Dankie dat U by my is,
dat U alles van my weet en
my steeds liefhet,
ôdat U van oomblik tot
oomblik vir my sorg
en my van gevare sal
vrywaar.
Ek loof U daarvoor!
Amen
Nina
Smit :
Vreugde in die môre
✉
: Dierbre Jesus @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
mamma333 @
gmail.com
No comments:
Post a Comment