VAT MY HAND
HEER
U vat my aan die hand.
U lei my met U raad. - Ps. 73:23-24
Dánkie dierbaarste Heer, vir U lewe, en Ú
teenwoordigheid in mý lewe. U is die béste
vriend wat ek óóít kan hê – my vertróúeling, my léíer, my bóésemvriend.
Soos ‘n ságte briesie wat oor my spoel, só voel ek U ónvoorwaardelike
liefde vir mý. Ek kyk na my geliefdes,
en ‘n hémelse vreugde vul my siel want ek wéét Ú sien na hulle om, soos U ook
na mý omsien.
Aan U gróótsheid bring ek my lof en eer – my héle lewe
wy ek aan U, Héér van my hart. Élke dag,
élke uur leef ek vanuit Ú liefde waarvan
my hart só vol is, en waarvan ek in óórvloed met my medemens kan deel. Ú Heer, is ín my, en ek is ‘n déél van U.
U is my Álfa en my Ómega – my begin en my einde. U is álles vir my – my Verlósser en Míddelaar,
deur wie ek Gods kóninkryk kan betree.
Kóm, vat my hand, Heer, en laat my vir geen óómblik
vergeet hóé ná aan U ek wérklik is nie.
Gebed: Vat my hand, Heer, en blý by my!
~ Uit Daelikse Woord
aangepas ~
✉
: Dierbre Jesus @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
poppieoosthuizen @
gmail.com
No comments:
Post a Comment