Friday, 11 December 2015

Thursday, 10 December 2015

Rus

Rus

Kom julle alleen saam na ‘n stil plek toe en rus ‘n bietjie.  -  Mark. 6:31

Met vólgelaaide skedules, swáár werklaste en selfoon álarms wat aanhoudend deur die dag afsprake aankondig, kan ons totáál uitgeput en sónder energie raak.  Dit is dus só verskriklik belangrik dat ons tye móét inruim vir afsondering en rus – tye om ons díépste heiligdom van krag binne te gaan, dié plek waar ons gehéél en al kan ontspan in die liefde van ons Here Jesus Christus, die plék waar Hý ons wéér vul met núwe krag en energie vir dít wat van ons verwag word gedurende die loop van die dag.  Na géés, síél en liggáám sal Hý ons wéér verkwik!

Dit maak nie saak hóé besig ons is nie, net ‘n óómblik is nodig om ‘n bietjie te rus.  Ons maak ons gedagtes stil en ontspan ons liggaam.  Stádig en diep asem ons in, en terwyl ons uitasem, raak ons ontslae van ál die probleme wat ons deur die dag geteister het en ons bekommernisse dat dinge dalk nie reg sal uitwerk nie.  Ons fokus met ons vólle aandag op Gód alleen – op Sý opbóúende en strálende lewenskrag wat stééds ín ons en déúr ons werk en straal.

Soos ‘n battery wat gelaai word, word ook óns geestelike battery gelaai in ons stil tye saam met ons Héér, en verfrís en hernú is ons weer gereed om voort te gaan met ons dagtaak.

Gebed:  By  Ú alléén Heer, vind ek rus.

~ Uit Daelikse Woord ~

  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!

(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)

Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com

Tuesday, 8 December 2015

HOW TO MAKE READING THE BIBLE LESS OVERWHELMING

HOW TO MAKE READING THE BIBLE LESS OVERWHELMING

(This is SO beautiful - I just HAD to SHARE it with you!)

Teen and Youth Devotion on Reading the Bible.  - Do you ever feel confused when you read the Bible? You’re not alone. Reading the Bible can be confusing at times. Its a spiritual book and the truths contained in it take time to dig out.

The good news when it comes to reading the Bible is that you’re not doing it alone. The Bible says the Holy Spirit will give special help to you and will be your teacher. He will show you truths as you read the Bible.

A good thing you can do to help you is to start thanking God for the Holy Spirit and His help in your life. Begin to believe that He will be your teacher and show you things.

As you start doing this, it will help make reading the Bible less overwhelming and will help you to understand what you’re reading easier when you realize that you’re not doing it alone. You have a helper and a teacher to help you navigate through Bible reading.

He will guide you into all truth; for he shall not speak of himself; but whatsoever he shall hear, that shall he speak; and he will shew you things to come. – John 16:13

So as you read the Bible, remember that you’re not doing it alone. You’ve got the help of the Holy Spirit to help you understand and show you things.

Die Engel besoek vir Maria

Die engel besoek vir Maria

Die toneel skuif nou na 'n jong meisie met die naam Maria. Soos die gewoonte in daardie jare is sy skaars veertien jaar oud, nog nie eers sestien nie, en sy is verloof aan die skrynwerker Josef, 'n verlowing wat deur haar pa gereël is. Om verloof te wees, beteken dat daar nou nie meer omdraaikans is nie, alhoewel die huwelikseremonie nog nie amptelik plaasgevind het nie. Alles is reeds gefinaliseer. Lukas beklemtoon die feit dat Maria nog steeds 'n maagd is.

Anders as vandag, waar min meisies van haar ouderdom nog hulle reinheid bewaar het, was dit in daardie tyd van uiterste belang dat 'n meisie nooit omgang sou hê nie, tot die dag van haar huwelik. Só gesteld was die gemeenskap oor 'n rein lewe, dat iemand wat egbreuk pleeg gestenig kon word. Hulle kon met klippe doodgegooi word!

'n Vrou het ook nie juis 'n belangrike rol in die samelewing gespeel nie. As sy boonop nog 'n jong meisietjie soos Maria was, was sy skaars meer as een van haar pa se karige besittings beskou. Wanneer die engel dus vir Maria groet met "Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou," skrik sy haar byna dood. Wat het sy, die eenvoudige, onbelangrike meisie gedoen om sulke groot woorde te verdien? Sy is verbysterd, wat kan dit tog beteken? Baie gou stel die engel die arme verbouereerde meisie gerus, en hy deel vir haar die ontstellende nuus mee dat sy swanger gaan word. Maria se knieë word skielik lam, hoe is dit tog moontlik? Die engel gaan kalm voort en beskryf in detail allerhande dinge wat haar verstandjie gladnie wil begryp nie. "Hy sal die Seun van die Allerhoogste genoem word", hoor sy die engel sê.

"Maar dis onmoontlik!", skree haar verstand, "Ek droom!" Die engel gaan rustig voort en vertel vir haar dat haar Seun Jesus (so moet sy Hom noem) op die troon van Sy voorvader Dawid sal sit, en dat Hy vir ewig as Koning sal heers.

Maria se kop draai - alles is net hééltemal te veel vir haar. "Hoe is dit moontlik? Ek het nog nooit met 'n man omgang gehad nie," protesteer sy.

Die engel verduidelik van die Heilige Gees wat die lewe in haar sal wek en dat haar Seun die Seun van God sal wees. Maria se verstand sê vir haar dat dit sekerlik 'n fout moet wees, dit is tog totaal onmoontlik! Maar dan vertel die engel vir haar van haar bejaarde tante Elisabet wat ses maande swanger is. As so 'n wonderwerk met haar kinderlose tante kon gebeur, dan is die wonderwerk wat hier besig is om voor haar oop te vou ook mos nie onmoontlik nie! Absoluut enigiets is vir God moontlik!

En so berus Maria daarby: "Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het."

Ons Dag se Brood

.
*Geplaas deur Poppie Oosthuizen*

God is absoluut getrou

GOD  is absoluut getrou

Here,

Dis wonderlik om te weet dat  U
absoluut getrou is omdat dit in u Woord so
opgeteken is en ook omdat ek dit al soveel
keer in my lewe ervaar het.  Ek weet dat
U ook in die toekoms elkeen van u beloftes
aan my na die letter sal nakom, dat U
getrou sal bly ook dié kere dat ek ontrou is
aan U, omdat U nie aan Uself ontrou kan wees nie.
Maak my op my beurt absoluut getrou aan
U sodat my hele lewe ‘n antwoord op u liefde
en trou sal wees.  Help my om nie net getrou
aan U te wees nie, maar om ook getrou in my
verhoudings te wees sodat die mense wat
ek liefhet, sal weet dat ek betroubaar is
en hulle nooit in die steek sal laat nie.

Amen

Nina Smit  :  ‘n Lied van Vreugde

  Dierbre Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!

(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)

Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com

Blydskap

Blydskap

Blydskap laat ‘n mens se gesig straal.  -  Spr. 15:13

As ons vrolik en opgeruimd is, skep ons vreugde en geluk so ver ons gaan.  Ons is opgeruimd en vrolik want ons weet die Heer van ons hart heers in ons lewens, en ons weet God is nog in beheer van Sy wêreld en alles daarin.

Om vrolik te wees, beteken ons benader die lewe positief en optimisties.  Ons geniet dit om te lewe en geniet ons samesyn met al Gods kinders wat saam met ons hierdie aarde bewoon.  Ons geniet hulle geselskap, en hulle geniet ook ons geselskap, want niks is so aansteeklik soos ‘n vrolike hart nie!

Ons blydskap maak elke las lig, vernietig alle kommer en maak elke vriendskap iets besonders.  Ons vrolikheid is soos ‘n borrelende fontein wat oorloop en almal wat ons raakloop, binnevloei.

Wat ‘n wonderlike geskenk is vrolikheid nie vir beide die gewer en die ontvanger.  En ons is gewers en ontvangers van blydskap en vreugde, want ons is God se stralenede, gelukkige, vrolike kinders!

Gebed:  Ek is ‘n stralende, gelukkige vrolike kind van God en sê dankie diep uit my hart uit daarvoor.

~ Daelikse Woord ~

  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!

(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)

Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com

Thursday, 3 December 2015

Dankbaarheid

Hemelse Vader,

Hoeveel rede gee U my nie tot dankbaarheid nie!
Ek wil U net weer kom dank vir elke seëning
wat ek so onverdiend uit U hand ontvang:
Dankie vir die mense wat ek liefhet,
vir die wonder van u liefde,
vir die skoonheid van die natuur,
vir babas
en blomme en wit stapelwolke,
vir musiek en boeke en vriende,
vir gesondheid en finansiële sekuriteit.
Maak dit vir my moontlik om ook dankbaar te wees
vir dié dinge wat ek graag anders sou wou hê
omdat ek weet dat hulle deel uitmaak van
u plan met my lewe.
Gee dat ek my dankbaarheid nooit vir
myself sal hou nie
maar dit elke dag aan U sal teruggee.

Amen

Nina Smit :  Sprankel vir ‘n vrou se gees