Thursday, 7 September 2017

TROOS







TROOS


Julle moet nie ontsteld wees nie.  Glo in God;   glo ook in My.  -  Joh. 14:1


Wát ookal die uitdaging is waarvoor ons mag staan, of wat ons óókal mag deurgaan, ons Heer is mét ons om ons te troos, te hélp en óp te hef!


Ons wéét dit en ons gló dit met ons héle wese.  Ons gaan nie nét deur verandering nie – ons *gróéi* ook vir die béste daardeur!  Sommiges mag sommer maklik en aangenaam wees, terwyl ander weer méér uitdagend is en soms hártseer en verdríét vir ons tot gevolg het.


Die wáárheid staan egter áltyd vas, naamlik dat Christus binne-in ons woon en *ín* Hom is ons tot *álles* in staat!  Hý voorsien ons van *ál* die krag en leiding wat ons óóit mag nodig hê!!


Ons mag sóms nalaat om Hom op te soek in gebed en Sy hand te vat.  Ons mag sélfs vir ‘n rukkie van Hom vergeet, maar ons wéét:


Hý vergeet nooit van ons nie.
Hy sien na ons óm –
élke oomblik van élke dag.
Soek ons vertroosting –
Sý liefde is dáár om ons te vertroos.
Soek ons leiding –
Sý liefde skyn *hélder* op ons pad.
Benodig ons krag –
Sý krag is ook óns krag en
help ons om *wénners* te wees.
Géén uitdaging is vir Hóm
té groot of té nietig nie!


Gebed:  Dis *Ú* en ek, dierbare Heer, élke dag!  Dit gló ek met my héle wese!  Dánkie dierbaarste Hemelheer.  In Jésus Naam. Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


https://www.facebook.com/KoningsdogtersEnSeunsvirJesusKingdomDaughtersSons/photos/a.263933510356362.62320.257199281029785/1448296728586695/?type=3&theater


(Hierdie boodskappies is beskikbaar via epos of WhatsApp - stuur my net u Naam en Van en WhatsApp Nommer na  079 32 45 45 6.)



 


Tuesday, 5 September 2017

BLYDSKAP IN JESUS







BLYDSKAP  IN  JESUS


Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel.  -  Ps. 126:2


Vandag begin die lewe vir my opnúút.  Ek dra *níé* meer swaar aan spyt oor die verlede nie, want élke nuwe dag gee my die geleentheid om met gejubel die *wónder* daarvan te geniet.


Wáár ek ookal mag gaan, álles wat ek sien en élkeen wat ek teëkom, herinner my aan die *óórvloed* van God se goedheid!  Die wonder van die lewe vul my héle menswees, en in my hart vind ek rus en die kalm *versékering* dat God my seën en ophef.


Ek dink *net* pósitiewe, vrolike gedagtes, en ek dánk my Heer vir die wónder en skoonheid van my wêreld en die líéfde van my geliefdes.  My blydskap verfrís, hernúwe en vúl my met nuwe energie!


Vrólik en blý gaan ek vandag die wêreld tegemoet, en die *blýdskap* wat deur my woorde en my dade spreek, maak my lewe én die lewens van almal wat vandag my pad mag kruis, een gróót fees - want ek is 'n Jésus-kind en ek *wéérkaats* die Kóning, wat in my hart woon, se ongelóóflike groot liefde na álles en álmal.


Gebed:  Dánkie, Heer Jesus, vir *Ú* vreugde in my hart en dat ek bórrel van *ú* liefde, wat in my woon, en net wil lag en jubel.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook



 


Monday, 4 September 2017

TRANE VAN BLYDSKAP








TRANE VAN BLYDSKAP


Dierbare Mamma,

Moet nooit jou gebede
vir jou kinders tot die Heer
onderskat nie!
Bly op daardie knieë,
jy mag dalk soms wonder,
Here doen ek dit nie as
'n roetine gebed -
elke dag dieselfde storie nie,
want jy sien nie iets daadwerkliks
of selfs wonderbaarliks
gebeur nie ....
Maar ons Hemelse Vader
wil hê dat ons gelowig en
vol vertroue moet VOLHOU
om ons gebede tot HOM
te bid.
Ons mag maar aanhou om aan te hou
om dieselfde smeekgebed tot Hom te bid -
Hy sien ons erns en ons
uithouvermoë en dan ééndag
maak Hy die sluise van die
HEMEL S
Ó wawyd-oop dat jy
STOMVERBAAS daarvoor staan.
Somtyds SOVEEL meer as wat
jy *OOIT* sou kon dink moontlik wees
met al die wonderlike seëninge
uit Sy Vaderhart!
So bly volhard met julle knie-werk
wat die tekortkoming of probleem
ookal mag wees.
Onthou wanneer jy jou knieë buig,
buk jou Hemelse Vader laag af
na JOU toe!
Die deur waaraan jy wou gaan klop,
was toe al die tyd
VADERGOD se OOP DEUR!!!!!
HY het geduldig net gewag vir JOU!


© Poppie Oosthuizen - Dankie Hemelse Vader!


Mamma / Mummy / Facebook.



Sunday, 3 September 2017

'N MÉÉSTERSTUK







'N  MÉÉSTERSTUK


Dit is die dag wat die Here gemaak het;  laat ons daaroor juig en bly wees.  -  Ps. 118:24


VÁNDAG  is 'n geskenk van GOD - dis 'n skilderdoek waarop ons twee saam 'n meesterstuk kan skep.


Vandag is úniek.  Dit hét nog nooit bestaan nie, en sal ook nooit wéér bestaan nie.  Dit is 'n onskátbare, éénmaal-in-'n-lééftyd geleentheid om in élkeen van die 1440 minute in 24 uur, my HEER te vind en die wónder van ons saam-wees ten vólle te benut.


Met die tóéwyding waarmee ek hierdie dag, en die oomblikke wat daarin opgesluit is, benader, gaan ek húlde bring aan  HÓM  wat dit aan my geskenk het.  Met woorde van líéfde en ómgee, met dáde van deernis en hulp, gaan ek élke oomblik vul.  En elke geskenk-oomblik gee my *nóg* 'n geleentheid om sterk te staan in GÓD se krag, om gemóédsrus te laat seëvier oor kommer en líéfde te laat seëvier oor vrees, en blýdskap oor terneergedruktheid.


Vándag skep my Heer en ek saam 'n *méésterstuk*, en aan die einde van hierdie wondermooie dag, gaan ek dit raam met 'n gebéd van wáárdering op my knieë voor Hom.


Gebed:  Ek geniet vándag as 'n *méésterstuk* van God se skepping.  In Jesus Naam.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook


(Hierdie boodskappies is beskikbaar op WhatsApp en/of epos.  Inboks my net u naam en van met selnommer of epos adres).