Thursday 7 September 2017

TROOS







TROOS


Julle moet nie ontsteld wees nie.  Glo in God;   glo ook in My.  -  Joh. 14:1


Wát ookal die uitdaging is waarvoor ons mag staan, of wat ons óókal mag deurgaan, ons Heer is mét ons om ons te troos, te hélp en óp te hef!


Ons wéét dit en ons gló dit met ons héle wese.  Ons gaan nie nét deur verandering nie – ons *gróéi* ook vir die béste daardeur!  Sommiges mag sommer maklik en aangenaam wees, terwyl ander weer méér uitdagend is en soms hártseer en verdríét vir ons tot gevolg het.


Die wáárheid staan egter áltyd vas, naamlik dat Christus binne-in ons woon en *ín* Hom is ons tot *álles* in staat!  Hý voorsien ons van *ál* die krag en leiding wat ons óóit mag nodig hê!!


Ons mag sóms nalaat om Hom op te soek in gebed en Sy hand te vat.  Ons mag sélfs vir ‘n rukkie van Hom vergeet, maar ons wéét:


Hý vergeet nooit van ons nie.
Hy sien na ons óm –
élke oomblik van élke dag.
Soek ons vertroosting –
Sý liefde is dáár om ons te vertroos.
Soek ons leiding –
Sý liefde skyn *hélder* op ons pad.
Benodig ons krag –
Sý krag is ook óns krag en
help ons om *wénners* te wees.
Géén uitdaging is vir Hóm
té groot of té nietig nie!


Gebed:  Dis *Ú* en ek, dierbare Heer, élke dag!  Dit gló ek met my héle wese!  Dánkie dierbaarste Hemelheer.  In Jésus Naam. Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


https://www.facebook.com/KoningsdogtersEnSeunsvirJesusKingdomDaughtersSons/photos/a.263933510356362.62320.257199281029785/1448296728586695/?type=3&theater


(Hierdie boodskappies is beskikbaar via epos of WhatsApp - stuur my net u Naam en Van en WhatsApp Nommer na  079 32 45 45 6.)



 


No comments: