MOED
In God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. - Ps.
56:12
Vol moed, met 'n wonderlike geheim in my hart, gaan ek
hierdie mooi, nuwe dag, en al die dae hierna deur God aan my geskenk in. Die geheim wat my só vol moed maak, wonder u miskien? Die geheim is dat ek níé hierdie dag alleen hoef in te gaan nie. My Heer, die Hemelkoning, is aan my sy, elke
tree van die weg, en met *SÓ* 'n
metgesel, vir WIE sal ek dan nog bang wees??
Wanneer
ek deur die diepste duisternis sou gaan - Sý stok en sy staf die *vertróós* my!
As
ek moeg, afgemat en totaal uitgeput is - na waters waar rus is, lei Hý my
heen. Hy *verkwík* my siel, en in Sý
krag binne-in my staan ek stérk en gaan ek vrý en blý voort op my pad van lig!
As
énige vrees dreig om my te oorweldig, sê ek vir myself: "Dit is GÓD se wêreld hierdie en daar is *níks* wat ek
hoef te vrees nie. GOD is die ÉNIGSTE
krag en die ÉNIGSTE teenwoordigheid in die heelal, en op HÓM
vertrou ek!"
My
mágtigste wapen is my gedagtes, en deur my gebéde en lewe-sprekende bevestigings
hou ek hulle in Gods lig, en hou hulle my *vól* moed en durf op my pad van lig!
Gebed: ALLEEN in U
my kosbare HEMELSE VADER, stel ek my vertroue! In Jesus pragtige Naam. Amen.
~ Uit Daelikse Woord ~
Koningsdogters- en Seuns vir Jesus /
Facebook
No comments:
Post a Comment