Tuesday 5 September 2017

BLYDSKAP IN JESUS







BLYDSKAP  IN  JESUS


Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel.  -  Ps. 126:2


Vandag begin die lewe vir my opnúút.  Ek dra *níé* meer swaar aan spyt oor die verlede nie, want élke nuwe dag gee my die geleentheid om met gejubel die *wónder* daarvan te geniet.


Wáár ek ookal mag gaan, álles wat ek sien en élkeen wat ek teëkom, herinner my aan die *óórvloed* van God se goedheid!  Die wonder van die lewe vul my héle menswees, en in my hart vind ek rus en die kalm *versékering* dat God my seën en ophef.


Ek dink *net* pósitiewe, vrolike gedagtes, en ek dánk my Heer vir die wónder en skoonheid van my wêreld en die líéfde van my geliefdes.  My blydskap verfrís, hernúwe en vúl my met nuwe energie!


Vrólik en blý gaan ek vandag die wêreld tegemoet, en die *blýdskap* wat deur my woorde en my dade spreek, maak my lewe én die lewens van almal wat vandag my pad mag kruis, een gróót fees - want ek is 'n Jésus-kind en ek *wéérkaats* die Kóning, wat in my hart woon, se ongelóóflike groot liefde na álles en álmal.


Gebed:  Dánkie, Heer Jesus, vir *Ú* vreugde in my hart en dat ek bórrel van *ú* liefde, wat in my woon, en net wil lag en jubel.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook



 


No comments: