Friday, 26 October 2018

Soek jy vir GOD?

HOU JULLE OË GERIG OP DIE HERE

GEBED

SEËN

Van hierdie dag af sal ek seën. - Haggai 2:19

GOD SE WÊRELD







GOD  SE  WÊRELD
uit Daelikse Woord


... U heers oor alles. In U hand is krag en mag en in U hand is dit om alles groot en sterk te maak.  -  1 Kron. 29:12 (1933 Bybel)


GOD is in bevel!  Dit geld nie alleen vir die enkeling nie maar ook vir die heelal.
GOD is in bevel!  Wát 'n gerússtellende versekering is dit nie!  Is daar 'n omstandigheid of situasie wat bo ons vuurmaakplek is, wat ons nie kan hanteer of regstel nie?  GOD is in bevel!  Hy is teenwoordig *ín* daardie omstandigheid of situasie.  Sý krag is aan die werk in die betrokke persone.  GOD is in bevel!  Sy liefde is in bevél.  Sy wysheid is in bevél.  Sy krag is in bevél.  Ons kan  *ÁLLES*  in Gods hande plaas en op Hóm vertrou om die weg vir ons aan te wys, om die oplossing vir  ons probleme te vind.
GOD is in bevel!   *DÍT*  is wat ons moet onthou wanneer ons besorgd en bekommerd is oor omstandighede in ons land en in die wêreld.  God is in bevel van Sý wêreld, al lyk dit nie vir ons altyd so nie.  Hy is aan die werk in die harte en gemoedere van mense oor die héle wêreld.  Hy lei ons op die régte paaie en bewerkstellig vrede, orde en geregtigheid vir álmal.


Gebed: Dánkie Skepper Vader van die heelal dat ons rustig kan wees in die wete dat *Ú* in bevel is van álles wat U geskep het en dat ons *níé* hoef te vrees nie, want vir U kinders wat vir *Ú* opreg lief is, *sál* alles ten goede uitwerk.  Dankie Jesus.  Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





Wednesday, 24 October 2018

VREDE






VREDE https://www.facebook.com/images/emoji.php/v9/f81/1/16/271d.png
deur Daelikse Woord


"Swyg, wees stil!" - Mark. 4:39 (1933 Bybel)


As ons gejaagd voel oor alles wat ons nog moet doen en wat ons aandag nodig het, kan ons die woorde van Jesus gebruik en vir ons gedagtes en emosies sê: "Swyg, wees stil!"  Dit sal ons help om ons aandag te vestig op kalmte en orde.
Jesus het hierdie woorde met geság gespreek om kalmte op see te bring, en ons kan dit met gesag gebruik om ons innerlike gejaagdheid te kalmeer.  Dit sal ons met vréde vul, en wanneer daar vrede in ons gemoed is, is ons oop vir God se leiding.  Ons sal weet hoe om ons tyd en ons talente op die regte manier te gebruik.
As ons die woorde, "Swyg, wees stil!" saggies vir onsself sê wanneer ons voel die spanning en gejaagdheid bou op, sal ons opnuut daarvan bewus word dat Christus in ons hart heers, en dat Hy altyd gereed is om ons te help met die nodige wysheid, krag en vrede wat ons mag nodig hê. Sý vrede en rus diep in ons, help ons om orde en harmonie in ons lewens te herstel.
Ons kyk na binne en sê: "Vrede, wees stil!", en vrede neem oor in ons lewens en in elkeen vir wie ons bid se lewens.


Gebed: "Vrede, wees stil!" Dankie Christus Jesus dat Úself Vrede in ons lewens is en waar Ú vrede in ons is, kan niks of niemand ons onrustig maak nie. Dankie Jesus. Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

 


Tuesday, 23 October 2018

JESUS IS DIE SONSKYN IN MY SIEL






JESUS  IS  DIE  SÓNSKYN  IN  MY  SIEL
deur Daelikse Woord


Want die Here GOD is 'n son en skild.  -  Ps. 84:12 (1933 Bybel)


Daar is sónskyn in my siel vandag. Helder, skitterende sonskyn. Jésus is daardie sonskyn. Hy vul my hart met Sý lig, liefde en vreugde.
Die helder strale bring 'n warm gloed in my siel, want Jésus is my lig en my heil. Met veerligte voetstappe volg ek in Sý voetspore.
Daar is sónskyn, wónderbare sónskyn, in elke vredevolle, gelukkige oomblik op my lewenspad. Die líéfde van my Heer is *áltyd* gereed om my te lei en te help.
Ek *síén* die Christus in élke gesig, en hóór Hom in élkeen wat praat. As ek met die *oë* van Christus kyk, síén ek Hom glimlag in die gesigte van my medemens. Wanneer ek iemand sien in pyn - síén ek Hom aan die kruis vasgenael. Wanneer ek 'n kindjie spontaan sien en hoor lag - síén ek Hom elke keer wanneer iemand sy/haar hárt aan Hom oorgee. Wanneer ek haatspraak uit iemand se mond hoor - síén ek Hom langs die kruis van die man wat vir éwig verlore is, en mótiveer dit my om siele te wen vir Sy koninkryk.
Daar is blýdskap, hóóp, líéfde en lóf in my siel vandag. En die seëninge van vándag, verhelder al die dae wat nog kom!


Gebed:  Dánkie, kosbare Hemelse Vader, dat Ú sonskyn vandag ook in my siel skyn. Skyn ook vandag in élke siel wat nog donker is en veránder dit in Ú sonskyn van hóóp, líg en líéfde en maak hulle *Ú* kinders van *hóóp*, sodat U són ook deur hulle kan skyn vir hulle medemens en nóg siele vir U koninkryk sal werf. Dankie dierbare Jesus. Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!