Monday, 16 November 2015

What you allow yourself






The Daily Motivator message
Monday, November 16, 2015

by Ralph S. Marston


What you allow yourself



Everything you’ve achieved is what you’ve allowed yourself to achieve. What will you allow yourself to achieve today?
All the actions you’ve taken are based on what you expect yourself to do. What will you allow yourself to expect today?
You have the tools to make a difference in life. What tools will you allow yourself to utilize today?
You can allow the excuses to hold you back, or you can allow the possibilities to propel you forward. You can allow yourself to waste precious time or you can allow yourself to enjoy spending time in productive, creative effort.
Each day in your past has been lived the way you allowed yourself to live it. You now can allow yourself to live today in such a way that you’ll look back on it with satisfaction, and with no regrets.
Through all its ups and downs, life ultimately proceeds in the way you allow. Allow yourself to live today in the most positive, honest and fulfilling way you can imagine.


© 2015 Ralph S. Marston, Jr.
From The Daily Motivator website at http://greatday.com/motivate/151116.html

Creative Expression








Creative Expression



I AM BLESSED WITH NEW INSIGHTS AND CREATIVE SOLUTIONS.


I make a difference in the world by being me. I express divine love throughout my day—in the work I do, in what I write, the way I greet others, and in my caring and compassion. The ways I respond to the world around me reflect my unique way of demonstrating my Christ Nature.
I nurture my spiritual unfoldment through my divine connection. I let go of any trials or tribulations, worries or concerns, and rest in a time of quiet communion. As I connect with Spirit within, I am blessed with new insights and creative solutions.
I go forth to express myself as the free-flowing channel of divine love that I am. Spirit guides me to make an ever-greater difference in the world.

We have gifts that differ according to the grace given to us.–Romans 12:6




Sunday, 15 November 2015

Eensaamheid









Eensaamheid



Jy sit dalk vanoggend alleen, terwyl daar mense is wat tussen geliefdes is of dalk sit jy in 'n huis vol geliefdes, maar huil jy tóg binne-in jou hart van eensaamheid en hartseer.


Wie sal tog weet en agterkom as jy net 'n glimlag opsit en toneel speel dat dit "goed" gaan met jou?


Jesus sal vanmôre vir jou antwoord.  Hy weet vanmôre wat in jou hart en gemoed aangaan. 


Hy was ook só alleen en Hy was ook só verlaat, maar die grootste wonderwerk ooit, is dat Gód jou óntsettend baie liéf het en net hier náby jou is op hierdie oomblik en dat Hý  jou stýf teen Sy Vaderbors wil váshou!


Hý is vanmôre vir jóú Immanuel, God met jóú!



E-kaart:  Poppie Oosthuizen
Koningsdogters vir Jesus @ Facebook





Saturday, 14 November 2015

Die Seun van God †









Die Seun van God


Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgegee om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom skenk nie? - Rom. 8:32


God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy Seun na die wêreld gestuur het sodat sondaars wat in Jesus glo nooit verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  Dit het Jesus self vir Nikodemus gesê toe hy in die nag na Hom toe gegaan het (Joh. 3:1-21).


Dit is altyd moeilik vir ouers om hulle kinders te laat gaan – of dit nou vir die eerste keer skool toe of universiteit toe is, en of dit is wanneer ‘n kind trou en vir goed die huis verlaat.  Elke keer wanneer ouers hulle kinders uit die huis stuur, probeer hulle hul bes om dit vir hulle kinders so veilig en gerieflik moontlik te maak.  Maar toe God sý  Seun na hierdie wêreld toe gestuur het, het Hy goed geweet dat Jesus se hele aardse bestaan lyding sou inhou, wat uiteindelik sou uitloop op die lyding aan die kruis. Die heel ergste is dat God ook geweet het Hy sou nie daar wees toe sy Seun Hom die heel nodigste sou hê nie.  Aan die kruis het  Hy Jesus die sonde van die hele mensdom alléén laat dra sodat ek en jy sy kinders kan wees.


Jesus is die lewende bewys van God se liefde vir mense, van God se liefde vir jóú.  God het sy Seun gestuur sodat jy, omdat jy in Hom glo, die ewige lewe kan hê.


Het jy al God se genade-aanbod aanvaar?


Here God, dit laat my sprakeloos dat U u Seun na die wêreld gestuur het om in my plek te ly, dat U Hom aan die kruis verlaat het sodat ék u kind kan wees.  Baie dankie vir u genade.


Nina Smit


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





Friday, 13 November 2015

Beskerming








Beskerming


Die Here is my toevlug, vier wie sou ek vrees?  -  Ps. 27:1


Waar ek ookal vandag mag gaan en wat ek ookal mag doen, ek wéét my Heer is mét my om my te beskérm en te onderskraag.  Ek kan nêrens wees waar Hy nié is nie.  Daar is *niks* wat Hy nié kan heel nie – en *géén* uitdaging waardeur Hy my nie véilig kan lei nie!


Die wete dat ek nóóit alleen is nie, vul my met die nodige moed en krag om blýmoedig voort te gaan.  Hy voorsien my van ál die krag wat ek óóit nodig mag hê, van die wysheid en intelligensie om die régte besluite te neem en die móéd en dúrf om dit deur te voer.


As ek in die diépste duisternis is, is my Heer mét my.  Sweef ek oor die hóógste bergtoppe van púre geluk – dan is Hy ook stééds daar by my.  In my smárt en in my vréúgde is Hý die tróúe Vriend aan my sy.  Hy help my om pósitief te bly onder álle omstandighede, en saam met Hóm word elke probleem slegs ‘n gelééntheid om *nóg* nader aan Hom te g


Élke oomblik, élke uur, is Hy mét my – vir wié sou ek dan vrees!


Gebed:  Die Here is my toevlug.



Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






Thursday, 12 November 2015

Kies om vandag saam met Jesus te stap









Kies vandag om

saam 

JESUS

te stap

en jy sal

nooit ooit

terugkyk nie!!




Koester ons Taal



Moenie bang wees nie!








Moénie bang wees nie!


Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos.  -  Jes. 66:13 (OV)


Dit is nie nódig vir jou om báng of bekómmerd te wees nie, want kýk, Ek is *áltyd* aan jou sy – Ek hou jou hand *stýf* vas.  Wát ookal met jou mag gebeur, Ek is áltyd daar vir jou, áltyd gereed om jou op énige manier te help en by te staan.  Nóóit is jy én hulle wat vir jou na aan die hart is, alleen nie, want Ék is altyd mét jou én met hulle.


Jy is *ín* My hart, en Ék is in *jóú* hart.  Ontspán en laat Mý toe om jou tóé te vou in die éwige liefde wat van *hart*tot*hart* tussen ons bestaan.  In hiérdie liefde sal jy nóóit alleen óf onveilig voel nie.  Dié liefde wat Ék jou bied is nie soos dié wat die wêreld jou bied nie – dit is ‘n hémelse Liefde wat héél en reinig, en jou beskérm so ver as wát jy gaan.


Neem Mý krag en maak dit jóú éie.  Laat My tóé om jou deur híérdie ervaring te help, en deur énige uitdaging wat jy mag ervaar op jou lewenspad.


Stap sáám met My, vertróú My en maak áltyd, onder álle omstandighede, staat op , en ek sal jou die *rus en vrede* gee wat álle verstand te bowe gaan.


Gebed:  Kýk, ek lei jou op ál jou weë.




Uit Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)


Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com