LAAT
LOS LAAT GOD
Werp
al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.
1
Petrus 5:7
Wanneer
ek voel dat die eise wat die lewe aan my stel, meer is as wat ek in staat is om
te gee, of meer as wat ek weet hoe om te gee, vestig ek my aandag op die gedagte: Ek laat los en laat God oorneem. Hierdie woorde weerspieël my positiewe
benadering tot die lewe.
Hierdie
bevestiging beteken egter nie dat ek gewillig is om maar net saam met die
stroom te dryf nie, wat ookal gebeur. Om
te bevestig "Ek laat los en laat God oorneem" beteken om te reageer
op die krag van die Almagtige. Ek laat
los alle kommer en vrese, en werk saam met Gods sterk, lewende, kragtige
Heilige Gees in my.
Ek
laat los en laat God oorneem. Met
entoesiasme en vreugde bewandel ek die pad van lig, terwyl ek geestelik groei
en ontvou. Ek weet dat God die een krag
in die heelal is - die een krag aktief in my, die een krag aktief in die lewens
van my geliefdes.
Ek
laat los en laat God oorneem. Alles is
wel met my, my geliefdes en my wêreld.
Gebed: Ek laat los en laat God oorneem
~
Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment