INNERLIKE VREDE
Ek het jou nog altyd liefgehad. - Jer.
31:3
Hoe
kyk ek na myself? Sien ek my as gebonde
en vol gebreke – swakker as wat ek behoort te wees? As ek egter ‘n poging aanwend om my te sien
soos God my sien – Sy geliefde kind, veilig beskermd teen omstandighede of
gebeure, vul ‘n diep innerlike vrede my gemoed.
God
het my lief net soos ek is. Ek mag van
dag tot dag groei en verander, ek mag faal en struikel, maar Sy liefde vir my
staan vas – nou en vir ewig!
Dis ‘n
liefde wat ons as mense nie kan peil of meet nie. So diep en standvastig is dit, dat ek nooit
verlore of eensaam voel nie. Al gaan ek
deur ‘n dal van diepste duisternis, God is met my – Hy vertroos en versterk my,
en bring rus en diep innerlike vrede vir my moeë siel.
Niemand
staan my by in my uur van krisis soos God my bystaan nie. Hy het my lief – Hy glo ek kan. Selfs wanneer ek alle geloof in myself en my
eie vermoëns verloor het, is Sy liefde nog daar, Sy lig skyn nog en Sy krag hef
my weer op. Op die wieke van Sy liefde
bereik ek nuwe hoogtes van vervulling.
Gebed: Gods
liefde bring vrede in my hart en gemoed.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment