VERGIFNIS
Ons almal is menslik en almal kry seer,
ons het almal
ons lesse om uit die lewe te leer.
Ons almal wil graag vergifnis hê,
Ons almal wil graag vergifnis hê,
maar dis soms so
moeilik net om jammer te sê.
Ons almal het stories van trane en spyt,
Ons almal het stories van trane en spyt,
ons almal het
verhale van liefde en verwyt.
Niemand is perfek nie en almal is nie op die selfde manier mooi nie,
Niemand is perfek nie en almal is nie op die selfde manier mooi nie,
maar onthou, die
lekkerste appels is nie altyd rooi nie.
Vergewe en vergeet is soos bitter en soet,
die soet laat
jou hart klop en die bitter vergiftig jou bloed.
Om kwaad te bly maak niemand dood behalwe vir jou nie,
Om kwaad te bly maak niemand dood behalwe vir jou nie,
dis nie die
moeite werd om dinge teen mense te hou nie.
Leer om te lewe en ander te laat leef,
Leer om te lewe en ander te laat leef,
leer om na die
goeie in die lewe te streef.
Daar is net een van jou, en net een kort kans,
om op die ritme
van jou geluk in die lewe te dans.
Verlos jouself en begin diep binne rond delf,
Verlos jouself en begin diep binne rond delf,
maak stupid
grappies en lag hardop vir jouself.
Daar is beter dinge as rykdom en geld,
Daar is beter dinge as rykdom en geld,
al bly jy in ′n tentjie iewers in die veld.
Dis jou eie keuse om te maak of breek,
kyk bietjie wat
jy in jou binneste wegsteek.
Tel op jou kop, hou jou trane vir ′n ander dag,
Tel op jou kop, hou jou trane vir ′n ander dag,
dink terug aan
goeie tye, en mis dit vir ′n slag.
Dink aan al die dinge wat jy al behaal het,
Dink aan al die dinge wat jy al behaal het,
en buitendien
is dit God wat jou lewe bepaal het.
Voel die verligting van vergifnis in jou are,
voel die speling
van gevoel oor jou hart se snare.
Lewe en laat leef, die res kan maar staak,
Lewe en laat leef, die res kan maar staak,
want dis meer
as asem haal, wat in jou lewe saakmaak....
'n Mens lewe nie van brood en water alleen nie, en onthou altyd:
God het jou nie verniet aan die wereld geleen nie!!!
'n Mens lewe nie van brood en water alleen nie, en onthou altyd:
God het jou nie verniet aan die wereld geleen nie!!!
No comments:
Post a Comment