VERGEWE
Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees. - Ps.
51:12
Wat moet ek doen om ‘n rein, vergewende hart te
bekom? Ek vra en ek ontvang. Ek vra vir liefde, en soveel liefde vloei my
hart binne, dat ek sonder enige inspanning maklik vergewe en vergeet. Liefde en vergifnis is nodig vir God om Sy
werke deur my te doen.
‘n Hart vol liefde is vry van enige wrok of kwade
gevoelens. Vrede vul my gemoed. Hoop, geloof en blye afwagting omskep my in ‘n
stralende ligmens. Ek is gereed, en God
skep ‘n vergewende hart in my.
Hierdie vergewende, liefdevolle hart is egter nie iets
wat sommer aangeskakel kan word nie. Dit
mag ‘n tydjie neem voordat ek hierdie eienskappe my eie kan maak en regkry om
dit met oorgawe uit te leef. Ek raak dus
nie moedeloos as ek nie daarin slaag om onmiddellik alles en almal te vergewe
nie. Ek doen net my deel – ek lees elkde
dag my Bybel en my dagstukkie, ek word stil voor die Heer van my Hart, en die
vergifnis, liefde en geloof wat ek daagliks toepas en uitleef omskep my stadig
maar seker in ‘n stralende Ligmens, met ‘n rein, vergewende, liefdevolle hart.
Gebed: Skep vir my ‘n rein hart, o God.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment