En uit Sy volheid het
ons almal ontvang, ja, genade op genade.
Joh. 1:16
(OV)
Daar is gesê: “Die
wind van Gods genade waai altyd. Mens
moet net die seile van die hart oopvou om die altyd vloeiende bries op te vang.”
Genade is ‘n vrye gawe van God. In die stil dieptes van elke hart hoor ons sy
stem: “Weet jy nie dat jy ‘n kind van
die Allerhoogste is nie?” Maar in ons
besige lewens hoor ons nie altyd hierdie sagte stem wat met ons praat nie. Ons glo miskien selfs sat ons net nie die
tyd het om vir ‘n paar minute stil te wees nie.
Vandag sonder ek tyd af om al die energie van my
gedagtes na binne te keer. As my
verstand stil word, vou ek die seile van my hart ten volle oop om die
altyd-vloeiende bries te vang. Saggies,
so vol deernis, seën Hy my met Sy lig, liefde en krag. My siel begin sing en my hart loop oor van
vreugde en dank. Ek gaan voort in die
wete dat die genade van God my gedurig lei, en dat ek steeds veilig in Sy beskerming
is.
Gebed: Ek open
my hart vir die genade van God.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment