NOOIT TE LAAT NIE
Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou
sorg. -
Ps. 55:23
Dit is nooit te laat om weer te begin nie. Dit is nooit te laat om heel van voor af te
begin nie. Vandag kan ‘n draaipunt wees,
die begin van ‘n nuwe, gelukkige, vreugdevolle lewe.
Dit is nooit te laat om dít wat reggestel moet word,
reg te stel nie. Dit is nooit te laat om
te vergoed, om te vergewe en vergeet nie.
Dit is nooit te laat en dit is nooit te vroeg
nie. Dit is nooit te laat om jou tot God
te wend wie se nimmereindigende liefde alle wonde genees nie. Dit is nooit te vroeg of te gou om alle laste
af te gooi en die lewe in te gaan met ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees nie.
Ek het binne-in my die almagtige, alwetende,
alomteenwoordig Heilige Gees van God.
Nou is die tyd om dit te erken en toe te laat dat Gods volmaakte werk
gedaan word. Nou is die tyd om Gods hulp
te aanvaar, om myself oop te stel vir Sy lig, liefde en krag.
Dit is nóóít te laat nie!
Gebed: Dankie dierbare Heer, dat dit ook vir my
nooit te laat is nie.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment