HERONTDEK
Julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees,
as naamlik die Gees van God in julle woon.
- Rom. 8:9 OV
Ons wil tog nooit so besig wees dat daar nie tyd vir
ons is om stil te staan en alles wat so mooi is om ons te waardeer nie. Die wonder van heel Gods skepping is oral om
ons om te sien en te geniet, en aan Sy glorie wat daagliks aan ons openbaar
word, is daar geen einde nie!
In elke klein miertjie wat ‘n gewig dra wat baie
groter as hy is, in die arend wat skynbaar sonder enige inspanning heerlik
sweef in die lug, herontdek ons die wonder van Gods wêreld!
In die goue oomblikke wat ons met ons geliefdes deel,
herontdek ons die liefde van God in hul oë en in die dinge wat hulle sê wat ons
samesyn so aangenaam maak.
En in die stil oomblikke saam met ons Heer, diep in
ons diepste heiligdom, herontdek ons die wonder van Hom wat in ons woon. In Sy liefde en lig, is elke dag vir ons ‘n
besondere dag – ‘n dag ryk aan die wonder van Sy skepping, wat ons weer en weer
ontdek in alles wat bestaan.
Gebed: Elke dag, Heer, ontdek ek meer van U!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment