GELIEFDE, EK IS
Toe sê God vir Moses:
“Ek is wat Ek is.” - Eks.
3:14
GELIEFDE, Ek is hier!
Ek is die lewenskrag wat in en deur jou pols, en jou
van die nodige energie en krag voorsien om te doen wat jy moet doen, sodat jy ‘n vol en ryk lewe kan geniet.
Ek is die liefde in jou hart wat jy deur jou woorde en
jou dade deel met jou familie en vriende – woorde en dade wat hulle en vir jou,
ophef en seën.
Ek is die lig wat in en deur jou skyn, wat jou
gedagtes omskep in lig-gedagtes en jou in staat stel om wyse besluite te neem.
Ek is die inspirasie wat jou siel laat sing wanneer
andere vir jou sê daar is geen hoop nie.
Met My melodie wat in jou weerklink, verseker Ek jou daar is hoop, want
Ek is met jou elke tree van die weg wat jy moet gaan.
Ek is die bron van alles wat goed en mooi is in jou
lewe – die bron van alles wat is, wat was en wat sal wees, en My seëninge op
jou pad ken geen perke nie.
Gebed: Dankie, Vader, vir die seën van U lig, liefde
en krag.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment