OMGEE- MENS
‘n Samaritaan ... het op hom afgekom. Hy het ... sy wonde verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en na ‘n
herberg geneem.
Luk. 10:33-34
‘n Sagte aanraking kan pyn verlig, of dit nou fisiese
of emosionele pyn is, of ons dit nou glo of nie. Die aanraking vertel dat ons omgee, en dit
laat die een in pyn sommer beter voel.
Ons wil so graag almal omgee-mense wees, daarom bid
ons vandag: “Heer, laat U liefde in my
hande andere ophef en seën wanneer ek hul saggies aanraak, of dit nou ‘n kind
of volwassene is. Maak my stem strelend
en sag – ‘n stem wat my medemens help om te ontspan en rus te vind in U liefde
in my hart, waarin ek hulle toevou. En,
Heer, seën my woorde – laat dit woorde wees gebore uit U lig-gedagtes in my
denke – woorde wat begrip bring, en geloof, en andere ophef en seën.
Ek bid ook vandag vir alle omgee-mense oraloor – U ken
hul Heer, U weet waar hul woon en werk.
Vou hulle toe in U liefde, en maak hulle sterk, sodat andere U lig, U liefde en krag vind by elke omgee-mens
wat na hul omsien.
Gebed: Vandag is ook ek ‘n omgee-mens!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment