LIG
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom
nie. -
1 Joh. 1:5
Is dit vir my moeilik om werklik gelukkig te wees en
my lewe te geniet? Dan mag dit wees dat
ek iets of iemand toelaat om ‘n skaduwee oor my sonskynlewe te gooi, soos ‘n
wolk wat hang oor my bron van geluk en welstand.
Die feit dat ek nie werklik weet wat die oorsaak van
die skaduwee is nie, is nie eintlik van belang nie. Wat wel van belang is, is dat ek met die hulp
van God eenkant kan gaan staan, sodat ek in Sy lig die skadukolle kan sien vir
wat hulle werklik is – ervarings en die houdings van andere, wat in werklikheid
geen beheer oor my het nie. Ek sien die
waarheid omtrent die skadubeelde wat my aan bande gelê het, en waar ek dit
sien, sien ek nou die lig van God helder skyn, en die wolk van duisternis wat
oor my gehang het, verdwyn.
God is lig, en Sy lig skyn helder in my en om my – ‘n
heerlike vrymakende lig wat my siel laat sing en my lewe vol en ryk maak. Almal wat ek teëkom, word deurstraal en omvou
in hierdie helder lig, en geen duisternis kan stand hou in my, om my en in my
land en my wêreld nie – want Gods lig dryf alle donkerheid in ons lewens uit.
Gebed: God is
lig!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment