‘N GEBED VAN ONS
HART AAN SYNE
Met strooi in die
hare en oë wat blink knip
lê hy in doeke
toegedraai in die krip.
Wat weet Hy, wat sien
Hy –
mense wat smag, soos
ek en jy?
Met stof aan sy
voete, beitel in die hand,
bou Hy huise in die
Beloofde Land.
Wat draai in sy kop,
waaraan dink Hy –
dat Hy ‘n gesin gaan
verlaat ter wille van jou en van my?
‘n Klip is sy
kussing, die Man wat bly swerf,
Hy genees en Hy help,
leer van Gods plan teen verderf,
Hy is en bly God,
verwerp deur die mens,
wat beter moes weet
as om Hom te verwens.
Met kruis op die
skouer, doringkroon in die hoof,
geslaan en geskop en
van vryheid beroof,
bespot en gegesel en
byna verskeur ...
O God, ek
wonder: Het Hy sy geboorte betreur?
Vroeg een oggend,
lank voor die son nog skyn,
het Hy die kleed
afgegooi en stil verdwyn;
Hy het opgestaan om
ons hart te raak
en dan in ons lewe sy
woning te maak.
Oorvloedige Gees,
lewe uit die dood,
verbreek aardse
grense, want Hy is só groot,
U glimlag vir
ons; laat ons die lewe geniet
met die seën wat u
dood op Golgota ons bied.
Amen
~ Stormie Omartian ~
No comments:
Post a Comment