EK KAN
Het Ek nie vir
jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie? - Joh
11:40 (OV)
Toe ons nog kinders was, is daar vir ons stories
voorgelees of vertel van heldedade – stories van mense wat geseëvier het oor
die grootste uitdagings denkbaar. Selfs
vandag nog wek hierdie stories gevoelens van moed en vertroue by die lesers
daarvan, klein en groot.
Kóm ons staan dan vandag in ons gemoed, sterk, fier en
regop, en sê met tróts as Jesus-kinders:
“Mét God, kán ek!” Dit is
eenvoudige maar báie kragtige woorde wat ons só gebruik. ‘n Dínamiese, dááglikse bevestiging wat ons
stééds daaraan herinner dat ons met ‘n onwríkbare geloof in die krag van God,
tot álles in staat is. Ons kán sterk
wees! Ons kán doen dit wat gedoen móét
word! Ons kán álles wees wat ons graag
wil wees, en nog báie meer! Ons kán! Ons kán!
Ons kán sorg vir die voortbestaan van die verkondiging
van Sy Woord tesáme met ons familie- en Christen-vriendekringe (in die werklike
lewe en óók aanlyn), en só ‘n tempel van lig vorm wat ons land en ons wêreld
oordek! Ons kán elke dag saambid, die
Here loof en prys. Ons kán vasstaan in
ons geloof dat die heerlikheid van God sál seëvier oor alles, wat vandag nog só
duister mag lyk. Ons kán! Dánkie dierbare hemelse Vader! Ons kán!
Gebed: Met God
kán ek!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment