HELENDE KRAG
“Ek is die opstanding en die lewe.” – Joh. 11:25
In ons diepste heiligdom, diep-diep binne-in ons harte, woon Christus – ons ínnerlike
Bron van krag en genesing. Élke keer
wanneer ons hierdie heiligdom in ons stille gebed binnegaan, neem Hý ons hand
in syne, en álle vrees en frustrasies verdwyn in die stroom van Sy liefde en
krag. Géén selfbejammering of
selfveroordeling kan ons meer aftakel nie, want die suiwer, stralende lewe van
die opgestane Chrístus vloei ín en déúr ons hele wese.
Sý lewe herstel en onderskraag ons. Dit súíwer ons gedagtes, stíl ons emosies en
héél ons liggaam. Ons dankbaarheid ken
géén perke nie. Nóóit sal ons weer twyfel aan hierdie inherente, suiwer
lewe waarin ons bestaan nie. Ons is één
met die opgestane Christus, vándag en viréwig!
Vir onsself en ons geliefdes gebruik ons met
oortuiging die vólgende bevestiging: “Die
lewe van die opgestane Christus vloei ín en déúr ons. Na siel en liggaam word ons gehéél en stérk
gemaak.”
Gebed: Die lewe
van die opgestane Christus vloei ín en déúr my om wondere te verrig!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment