LIEFDE
Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here ...
Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. - 2
Kor. 3:18
Wat is die boodskap wat ons dierbare Here Jesus
Christus aan ons, Sy broers en susters oorgedra het? Sy boodskap was by uitsték liefde. In álles wat Hy gedoen en gesê het was Sy
boodskap van liéfde, van léwe en gelóóf, kristalhelder.
Ons weet dat ware kommunikasie meer is as net
woorde. Ons raak andere eers werklik
aan, wanneer ons hul vanuit die liefde in ons hart benader. Ál ons gedagtes, ál ons gevoelens, laat ons éérs
deur ons hart vloei. Die mínder
belangrike word verwyder, en slégs die súíwer goud van Sy liefde en lig bly
oor.
Dit is dán wanneer ons woorde en ons dade slégs die
heerlikheid van die Here wat in ons woon, weerspieël. Ons vergifnis is spóntaan en géén woedebui
kan staande bly in Sý heerlikheid, liefde en lig nie.
Sy liefde word deel van álles wat ons doen en sê, en dít
wat ons met andere deel, is goud werd.
Gebed: Ek
weerspieël die heerlikheid van die Here.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment