Sunday, 10 March 2013





LEWENDE  WATER 

Die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en hom die ewige lewe gee.  -  Joh. 4:14

Die fontein van lewende water waarvan Jesus gepraat het, is binne-in my.  Dit borrel in my op en omskep my in ‘n stralende kind van God, ‘n kind van die lig, tot seën van elkeen met wie ek in die loop van die dag te doen mag hê.

Ek is gelukkig en vol lewe, en almal kan dit sien.  Dit is borrelende lewende water wat ek nie net vir myself kan hou nie, maar onvoorwaardelik ook op andere uitstort.  Ek mag woorde van bemoediging spreek teenoor iemand wat in in sak en as sit.  Of ek mag met baie mense te doen kry, vir wie my lewensvreugde, my liefde en vrolike optimisme tot veel seën is.

As ek elke oggend put uit hierdie borrelende fontein van liewe diep in my wese, sal my dag ‘n seën wees, nie net vir my nie maar vir elkeen wat my Heer na my toe stuur om te help, te lei en Hom sodoende te dien en te eer.  Geen dag sal meer doelloos en leeg wees nie, en die fontein sal nooit uitgeput raak nie, want hoe meer ek gee, hoe meer ontvang ek.

Gebed:  Dit wat ek het om te gee, gee ek met liefde.

~ Uit Daelikse Woord ~






Friday, 8 March 2013






SËEN  HIERDIE HUIS

Die Here op hierdie plek.  -  Gen  28:16

‘n Seën vir ‘n tuiste is in werklikheid ‘n gebed wat die mense wat al die mense wat daar woon asook dié wat daar kom kuier, omvou.

Ek seën my tuiste omdat dit meer is as net ‘n woonplek is.  Dit is ‘n plek van vrede en harmonie, en wanneer ek mense in my tuiste verwelkom, verwelkom ek ook vir Christus wat in hul woon.

Ek sien my huis as ‘n plek van gasvryheid.  Die aangename atmosfeer wat hier heers, is as gevolg van die aangename mense wat hier kom kuier en ook die aangename mense wat hier woon.

In my gebede dink ek aan alle mense wat op soek is na ‘n huis, of smag na meer harmonie in die huise waar hulle woon.  Mense en families wat moet verwissel van woning en op nuwe plekke weer ‘n tuiste moet skep, het baie gebede nodig. 

Maar in die besonder dink ek aan hergberglosemense wie se diepste begeerte maar net is, om wanneer die onbekende nag aanbreek in veiligheid te kan gaan slaap. Heel of verslete van binne of buite of meubels is vir hulle nie voorwaardes of voorkeure nie.  Daarom bid ek met my hele hart vir elkeen van hulle, dat die Here Jesus vir hulle uitkoms sal bring en ook vir hulle genadig sal wees en hulle sal seën volgens sy wil en dat ons as Christenmense sal uitreik na hulle, al is dit op die eenvoudigste manier.  Die grootste geskenk wat ons vir hulle kan gee, is om vir hulle te bid wanneer ons in die aand gaan slaap.

Gebed:  Seën my huis, Heer, met liefde, vrede, harmonie en gasvryheid.

~ Uit Daelikse Woord ~



Wednesday, 6 March 2013





WEES NOU BLY!

Dit is die dag wat die Here gemaak het;  laat ons daaroor juig en bly wees.  PS  118:24

Voel ons soms bekommerd en onseker omdat ons nie weet wat die toekoms vir ons inhou nie? 

As ons glo dat iets in die toekoms gaan gebeur wat ons gelukkiger, ryker en ons lewe voller gaan maak, begin ons om vir die toekoms te lewe, en vergeet van die huidige.  ‘n Plan of ‘n mikpunt mag vir ons van baie groot waarde wees, maar dit beteken nie dat ons vandag sommer deur ons vingers moet laat glip nie.

Die verlede is verby en die toekoms lê nog voor ons.  Nóú, op hierdie oomblik, leef en beweeg ons in die teenwoordigheid van Christus ín ons en óm ons.  Vandag se nou, bepaal die toekoms van môre.

Laat ons dus reeds nóú besluit om vandag en elke oomblik van hierdie dag af te lewe soos dit kinders van die lig betaam om te leef, en ons kan maar vooruit dankie sê vir Gods seëninge op elke nuwe dag wat ons binnegaan.

Gebed: Dierbare Heer Jesus, ek juig oor vandag en sê dankie vir môre!

~ Uit Daelikse Woord ~





Monday, 4 March 2013


\\



GENADE

Uit Sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang ... die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.  -  Joh. 1:16-17

Aan die begin van elke nuwe dag, beklemtoon ek die waarheid dat Gods liefde en lig in my kragtig genoeg is om my te help om énige uitdaging wat my pad mag kruis, te bowe te kom.  Ek is gladnie bang vir wat die dag vir my inhou nie.  In plaas daarvan seën ek hierdie mooi dag met ‘n stille dankgebed in my hart vir die voorreg dat dit alles wat ek nodig het om ‘n vol en ryk lewe te geniet, in oorvloed aan my bied.

Gods lig, liefde en krag is vrylik tot my beskikking – my drie stralende diamante wat ek elke dag saam met my dra – hemelse geskenke deur God in Sy genade aan my toebedeel.  Hierin opgesluit is álles wat ek nodig het om van élke dag ‘n sukses te maak – moed en durf, gesondheid, lewenslus en voorspoed, is maar net ‘n paar van die geseënde  geskenke wat deur my Heer Jeus Christus aan my gegee is.

Vandag sê ek spesiaal dankie vir Gods liefdevolle genadegawes in my lewe.  Met ‘n siel wat sing maak ek dit my eie, en my lewe word al hoe ryker en voller.

Gebed:  U genade Heer, maak my vry!

~ Uit Daelikse Woord ~









BLYDSKAP

Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig ... die veld en alles daarop moet jubel, al die bome in die bos moet  hulle verheug voor die Here, want Hy kom.  -  Ps. 96:11-13

Luister ... kan jy dit hoor?  Dit is ‘n lied van blydskap wat weerklink oor die hele aarde heen.  Van die kleinste voëltjie tot by die magtigste waterval, hoor ons hierdie hemelse melodie.

Sal ons saam sing?  Sal ons die loflied in ons siel laat weerklink in ons woorde -  die lied wat aan ‘n ieder en ‘n elk wys hoe bly ons is om te kan leef in hierdie wonderlike wêreld?

Ons sing ‘n lied van dank vir die hemelse gawes waarmee God ons so ryklik seën, en wat ons vrylik kan gebruik om andere om ons ook te seën en op te hef.  Ons is bly en dankbaar oor alles wat ons is, alles wat ons het en alles wat ons moet en kan doen om hierdie wêreld nog mooier, voller en ryker te maak – gereed vir die koms van die Here, want Hy kóm!

Ons sing ‘n vrolike lied tot eer van God – ons sien Sy lig helder skyn in ons en om ons, ons deel Sy liefde in ons harte met elkeen wat ons pad mag kruis – en gaan vrolik en bly voort op ons pad van lig!

Gebed:  Vrolik en bly sing ek op my pad van lig!

~ Uit Daelikse Woord ~





Sunday, 3 March 2013





‘N  DANKBARE  HART

Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer. 
Ps.  86:12  (OV)

Wanneer is ons so dankbaar dat ons ons Here en God wil loof met ons hele hart en sy Naam vir ewig eer?   Wanneer Christus sy intrek in ons hart geneem het  - wanneer ons gedagtes helder verlig word in die vlam van sy liefde in ons  -  wanneer elke sel en atoom in ons liggaam helder verlig word in hierdie helder stralende vlam wat deur niks en niemand uitgewis kan word as dit eers eenkeer begin brand nie, en ons omskep word in ligwesens, dit is wanneer daar geen perke aan ons lof en dank is nie!   Dit is wanneer ons met ‘n lied in ons hart rondloop, en God vir ewig eer.

En hoe eer ons Hom?   Ons eer Hom deur die liefde en deernis wat ons toon teenoor ons medemens.  Ons eer Hom deur die lig-idees waarmee ons ook lig bring vir andere om ons.  Ons eer Hom met ons diep geloof in sy werke in ons en om ons, in ons land en in ons wêreld.

Voor die wonder van ons mens-wees in Hom, voor die wonder van soveel lig in ons gedagtes en liefde in ons hart, hoe kan ons óóit genoeg dankie sê?

Gebed:  U Naam Heer, eer ek vir ewig!

~ Uit Daelikse Woord ~






Friday, 1 March 2013





~ AAN ALLE VROUE OP VROUEDAG ♥~

Liewe Jesus se briefie vir Sy kinders:
 

"Toe Ek op jou besluit het, was daar soveel vrede, kalmte en liefde in My hart. Ek het geweet hoe jy gaan lyk, hoe jou stem gaan klink en hoe jou glimlag ander mense
 se harte gaan verander sels toe jy nog net ñ gedagte was. Ek het jou begin vorm in jou ma se skoot, jou vinger afdrukke lyntjie vir lyntjie getrek en geweet hierdie patroontjie op jou vingertjie so Ek nooit weer herhaal nie. Jy is nie ñ fout nie. Ek maak net mense na My beeld. Toe die tyd reg was het Ek jou volmaakte lyfie in jou moeder se arms neergelê. Ek het in jou ogies gekyk, gestaar en geweet Ek het ñ besonderse mensie gemaak. Nog nooit het Ek daarna My oë van jou afgehaal nie. Ek het jou gesien opgroei. In die dag bewonder Ek jou en in die aande sit Ek langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak. Soms het daar trane oor jou wange gerol oor gebroke verhoudings, verkeerde besluite en soms sommer net omdat jy soos ñ mislukking gevoel het. Daar was dae wat jy seergekry het, dae wat mense jou nie verstaan het nie, dae wat jy moedeloos was. Dae wat jou pyn jou wou vernietig het! Ek het saam jou gehuil My hande gehou en jou kosbare trane opgevang. Ek ken seer. Ek ken pyn. Daar was self ñ tyd wat mense My nie verstaan het nie. My verneder het. My verwerp het en aan ñ kruis vasgespyker het, daarom weet Ek hoe jy voel. Daar was dae wat jy deurmekaar gevoel het en gewonder het, wat, waar en hoekom. Ek wil net vandag vir jou sê, nie een van die foute wat jy gemaak het, het My onkant gevang nie. Ek was nie verbaas nie. Ek weet alles. Ek sien alles. Ek kyk nie na jou met oë wat oordeel nie. Ek kyk na jou met oë van liefde en Ek luister na jou met My hart, omdat Ek ñ God is wat uit liefde bestaan. Soms het die mense al die verkeerde prentjie van My vir jou geskilder. Ek wil jou nie straf nie. Ek ken jou beter as enige iemand anders. Ek is lief vir jou!!!"