Wednesday, 4 May 2016

Troos








TROOS


Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos.  -  Jes. 66:13 (OV)


Ons hoef nóóít alleen of bang te voel nie, want ons Hemelheer is *altyd* by ons. “Juig, die Redder is daar!”, is ‘n belofte wat aan ons gegee is en ons wéét dit en gló dit!  Hy is ons krág en ons stérkte, ons skúílplek deur *elke* storm.  Met Sy gróót liefde vou hy ons toe soos ‘n warm *winterkombers*.


Hóé groot en onoorkombaar die uitdagings ookal mag wees, wat in ons pad mag kom – ons Rédder is dáár!  Binne élke uitdaging, gróótste gevaar, díépste hartseer, verplétterende hártseer of díépste terneergedruktheid- of depressie – ons Rédder is daar, áltyd gereed om die régte deure *wéér* vir ons oop te maak en ons van die nódige krag te voorsien om voort te gaan met ons lewe, ál lyk *alles* ook *hóé* donker om ons!


Ons héle lewe mag verander omdat ons iemand wat báíe ná aan ons verloor het – ons Rédder is nog stééds daar om ons te vertróós, ons trane af te droog met Sy *hémelse sakdoek*, en ons hart wat in *dúísende stukkies* gebreek is, *wéér* op te tel van die grond af en heel te maak met die *hélende, wárm liefde* wat kom uit Sý gróótse Vaderhart – Hy is *dáár* om ons te *drá* as ons nie verder kan loop nie en neergesak het op ons knieë – wanneer ons lewenslas net té swaar geword het en die dae om ons *in pikswart dónkerte* verander het. -  Dankie, Hémelse Vader en Rédder dat  *Ú* nóóit ver van ons af is nie.


Gebed:  Júíg, die Rédder is daar!




~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~




Trane in God se Fles / Facebook


 


Sunday, 1 May 2016

'n Nuwe Mens








‘N  NUWE  MENS


Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.  Die oue is verby.  -  2 Kor. 5:17


Miskien het jy onder mense se onbedagsame tonge deurgeloop ... wat jou  beskuldig het as dom, vergeetagtig, onhandig, skaam of hulle het jou uitgekryt as te maer of te vet of selfs lelik ...  Sulke aantygings het die nare gewoonte om vas te haak in mens se gedagtes, sommer vir baie jare en wanneer jy dit die minste verwag, kom dit weer kristalhelder terug na jou toe ...  Wat is die beste manier om van so ‘n onaangename “label” ontslae te raak en te begin glo in jou eie waarde as mens?


Begin nou sommer ónmiddelik om die núwe mens te wees wat jy graag sal wil wees, deur vir jouself te sê dat jy deur Jésus Christus wat in jou woon, ‘n nuwe mens *is* en gee hierdie onwelkome “pakkie” vir Hom wie jou so ontsettend baie liefhet.  Begin dan ook dádelik om die stelling uit te leef.  In Sý lig, liefde en krag, jou drie stralende diamante, beskik jy oor *alles* wat jy nodig het om die nuwe mens te wees wat jy graag wil wees.  Daardie “labels” op jou is net tydelik vasgeplak en wag net om van jou af te val.  En JESUS *sάl* dit vir jou laat gebeur as jy hom net vrá en gló en vertróú daarmee!


Géén negatiewe siening het énige houvas meer op jou nie.  Die ou dinge is verbý, en omdat jy met hárt en síél aan Christus behoort, en Hý die Leidsman en Koning van jou hart is, sál *alles* wat jy sê en doen van nóú af slegs Sý goeie lewens kwaliteite , Sy líéfde, líg en krág uitbeeld!


Gebed:  Dánkie Here Jesus, ek is nóú ‘n núwe mens.  Die óú dinge is viréwig verby!



 ~ Uit Daelikse Woord  Aangepas ~



Trane in God se Fles / Facebook


 


Monday, 18 April 2016

Troos









TROOS


Die Gees van die waarheid … julle ken Hom, omdat Hy by julle bly.  -  Joh. 14:17


Soms mag twyfel, verwarring en selfs wanhoop, my totáál oorweldig.  Maar deur ál hierdie ellendes heen is daar altyd één ding wat soos ‘n paal bo water bly staan, en dit is die feit dat die wónderlikste Trooster van álle troosters, áltyd bý my is – trouens Hy woon binne-in my!


Hóé groot is hierdie wonder net nie!  Hóé gróót die seën! Nóóit ooit is ek alleen nie.  Só ná-aan my is Hy dat ek maar net my hand hoef uit te steek om in ál Sy liefde en krag toegevou te word.


Die tye van wanhoop wat my soms tref, is ook die tye wánneer ek hierdie Teenwoordigheid die heel meeste waardeer.  Sy liefde is soos hélende balsam vir my gebróke hart;  Sý krag hef my op en maak dit vir my moontlik om wéér normal aan te gaan met my lewe.  In my uur van nood, leer hierdie gróótse Trooster my meer omtrent die liefde van God vir my, Sý kind.


Ook wanneer dit goed gaan met my, onthóú ek om daagliks te handel en wandel in die krág van die Héílige Gees.


Gebed:  Dankie dat Ú Heilige Gees my vertroos en ophef.



~ Uit Daelikse Woord ~



Trane in God se Fles / Facebook




Monday, 4 April 2016

GLIMLAG







GLIMLAG


Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.  -  Job. 29:24 (OV)


‘n Glimlag is ‘n geskenk van liefde uit God se hart, óf dit nou vir ‘n vreemdeling, ‘n vriend of ‘n geliefde is.  Dit dra boodskappe van liefde, van aanmoediging en vriendelikheid oor.  ‘n Glimlag is ‘n stil geskenk van begrip, deernis en goedgesindheid.  Tot ‘n hondjie kan agterkom wanneer sy baas glimlag of bly lyk en hy reageer met die swaai van sy stert.


Ons glimlag is ‘n welkome geskenk wat ons gee wanneer ons miskien in ‘n lang tou moet staan en wag, wanneer ons luister  of met ander mense praat.  Al weet ons dit nie altyd nie, ons glimlag kan spanning breek, mense se laste, hartseer en terneergedruktheid verlig en is boodskappers van Gods liefde uit Sy hart uit na ons s’n toe.


Ons glimlag is soos ‘n omhelsing wat andere teer in liefde toevou en versorg.  Daar gaan nie ‘n dag om sonder tálle geleenthede om andere te seën en vertroetel met ons glimlag nie.  Mense het al so gewoond daaraan geraak dat mense nie meer glimlag nie, dat hulle dalk stomverbaas sal wees en nie met ‘n glimlag terug reageer nie.  Maar volgende keer is hy of sy dalk die een wat weer eerste glimlag met ‘n hartseer vreemdeling.  Die seëninge wat ons so skep vorm wye sirkels, soos wanneer mens ‘n klippie in ‘n waterpoel gooi.


Ons glimlag is ‘n vrygewige gawe van God – moet dit nooit terughou nie!


Gebed:  Dankie Here, dat U vir ons die gawe gegee het om te kan glimlag en U liefde so te oordra, selfs na stuurs of onvriendelike mense toe en so met hierdie kettinreaksie  ook hulle harte te kan verander.



~ Uit Daelikse Woord ~



  JESUS Vra Net Liefde / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Daelikse Woord Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com