VRIENDELIK
As broers moet julle mekaar altyd liefhê. Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want
deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele
as gaste gehuisves. - Hebr. 12:1-2
Élke dag is 'n núwe dag met nuwe érvaringe, en kom ek in aanraking met
verskillende mense. Sommiges mag
aangenaam en vriendelik wees, terwyl ánder weer nors en kortaf mag
wees. Áfgesien van hoe ándere vandag met my gaan wees, besluit ek nou en hier om in
die *líéfde* van Christus ín my hart, áltyd vriendelik, gasvry én hoflik te wees - die Christus in mý gaan hulde bring aan die Christus in húlle, en ál die liefde wat só vrygelaat word, gaan harmonie skep óm ons.
Van Christus tot Christus gaan ons vandag sáámleef. Ons gaan élke oomblik omskep in 'n móói oomblik, ons gaan híérdie dag omskep in 'n mooi, áángename dag, en Christus se lig
helderder in en deur ons laat skyn.
Ek gaan my daarop toelê om vándag, môre en ál die môres daarna, met 'n lied in my hart élkeen wat my pad mag kruis, vríéndelik, hóflik, spóntaan en gásvry, te behandel. Hóé heerlik sal ons saamwees nie dan wees nie! En hoe móói sal ons dag met Christus se Liefde
ingekleur wees!!
Gebed: Dánkie, Heer, dat ek vandag in *Ú* liefde, 'n ómgee-mens kan wees vir ander. Amen.
~ Uit Daelikse Woord ~
Koningsdogters- en
Seuns vir Jesus / Facebook

