Thursday, 30 May 2013

GOD  DIE  HEILIGE  GEES

Lees  -  Johannes  16:5-15

Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die waarheid lei.  Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig  (Joh  16:13-14).

Die Heilige Gees is die derde Persoon in die Drie-een-heid.   As die Vader God-bo-ons en Jesus God-met-ons is, kan ons sê dat die Heilige Gees-in-ons is.   Deur sy Gees woon God self in elke kind van Hom.

Die Heilige Gees wys vir ons altyd na Jesus, lei ons in die waarheid en verheerlik Christus.  Hy bring ons dus by God uit.  Hy bewerk geloof in ons harte en waarsku ons wanneer ons verkeerd doen.   Hy leer ons bid, tree vir ons by God in en leer ons hoe om te lewe.   Dit is ook die Heilige Gees wat aan ons die genadegawes uitdeel waarmee ons God in ons lewens moet dien en eer, en wat vir ons die sekerheid in ons harte gee dat ons kinders van God is.   As ons Hom toelaat, sal die Gees ons hele lewe beheer sodat ander vir Christus sal raaksien in wat ons sê en doen.

Is die Heilige Gees só ‘n werklikheid in jóú lewe?

Gebed:  Gees van God, dankie dat U in my woon, my verseker dat ek God se kind is, my teen sonde waarsku, my leer bid en vir my intree by God.

*Die Heilige Gees lei my in die waarheid.*

Die Gees in ons laat die donkerte in ons lig word.   Hy verander die starheid van ons geloof in polsende lewe.   Hy maak Jesus Koning!

~ Uit Dagboek vir die Vrou deur Nina Smit ~

Wednesday, 29 May 2013

GOD  DIE  VADER

Lees  -  Psalm  148

Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel en hulle is geskep ... sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel  (Ps 148:5, 13).

God die Vader is die Skepper van die hemel en die aarde.   Die berge, die bome, die blomme, die see, die mense en diere is sy handewerk.   Hy onderhou sy skepping dag na dag.   God is ook ons hemelse Vader wat vir ons liefhet en elke dag vir ons sorg;  wat sy Seun prysgegee het sodat ons sonde vergewe kan word.

Alhoewel niemand God nog ooit gesien het nie, kan ons Hom leer ken uit sy skepping, uit die Skrif waarin Hy met ons praat, maar veral in Jesus wat die Vader aan ons kom bekend stel het.

Die belangrikste eienskap van ‘n vader is sy liefde.   En God ís inderdaad liefde (1 Joh  4:8).   Ons mag Hom ons Vader noem omdat Jesus ons Saligmaker is.   En as Vader sorg Hy dat alles wat met ons gebeur tot ons beswil is.   As God se kind kan jy seker weet dat jy in die sorg en beskerming van ‘n liefdevolle Vader is.

Gebed:   Hemelse Vader, ek loof U omdat ek U my Vader mag noem.   Dankie vir alles wat U so mooi gemaak het – dat U elke dag vir my sorg en my liefhet.

*God, die Skepper van die hemel en die aarde, is my Vader!*

~ Uit Dagboek vir die Vrou deur Nina Smit ~

GOD  DIE  HEILIGE  GEES

Lees  -  Johannes  16:5-15

Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die waarheid lei.  Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig  (Joh  16:13-14).

Die Heilige Gees is die derde Persoon in die Drie-een-heid.   As die Vader God-bo-ons en Jesus God-met-ons is, kan ons sê dat die Heilige Gees-in-ons is.   Deur sy Gees woon God self in elke kind van Hom.

Die Heilige Gees wys vir ons altyd na Jesus, lei ons in die waarheid en verheerlik Christus.  Hy bring ons dus by God uit.  Hy bewerk geloof in ons harte en waarsku ons wanneer ons verkeerd doen.   Hy leer ons bid, tree vir ons by God in en leer ons hoe om te lewe.   Dit is ook die Heilige Gees wat aan ons die genadegawes uitdeel waarmee ons God in ons lewens moet dien en eer, en wat vir ons die sekerheid in ons harte gee dat ons kinders van God is.   As ons Hom toelaat, sal die Gees ons hele lewe beheer sodat ander vir Christus sal raaksien in wat ons sê en doen.

Is die Heilige Gees só ‘n werklikheid in jóú lewe?

Gebed:  Gees van God, dankie dat U in my woon, my verseker dat ek God se kind is, my teen sonde waarsku, my leer bid en vir my intree by God.

*Die Heilige Gees lei my in die waarheid.*

Die Gees in ons laat die donkerte in ons lig word.   Hy verander die starheid van ons geloof in polsende lewe.   Hy maak Jesus Koning!

~ Uit Dagboek vir die Vrou deur Nina Smit ~

GOD  DIE  SEUN

Lees  -  Filippense  2:5-11

Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word  (Fil 2:6-7).

Jesus  is Immanuel, God-met-ons.   Hy is die Messias, die enigste Seun van God, wat vrywillig die hemel verlaat het en vir ons sonde aan die kruis gesterf het.

Jesus  is waarlik God.   Aan die kruis het Hy die volle toorn van God teen die sonde gedra en met sy dood die prys vir daardie sonde eens en vir altyd betaal.  Hy het uit die dood opgestaan en opgevaar na die hemel sodat ons – omdat ons in Hom glo – vir ewig sal lewe in die hemel saam met Hom.

Jesus  is egter ook waarlik mens,  Daarom kan ons met al ons sonde en probleme na Hom gaan en weet dat Hy werklik verstaan en vergewe.

Gebed:  Here Jesus, baie dankie dat U gewillig was om die hemel prys te gee ter wille van my.  Dankie dat U vir my sonde betaal het, dat U opgestaan het uit die dood sodat ek vir altyd kan lewe.

*Jesus het die hemel prysgegee uit liefde vir my!*

~ Uit Dagboek vir die Vrou deur  Nina Smit ~

Monday, 27 May 2013

DIE LEER VAN DIE DRIE-EENHEID

Lees  -  Matteus  28:16-21

Gaan dan na al die nasies toe ... en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees  (Matt  28:19).

Deur sy Woord openbaar God Homself aan ons as één God maar drie Persone:  die Vader, die Seun en die Heilige Gees.   Die Vader is God, Jesus is God én die Heilige Gees is God, maar die Vader is nie die Seun nie en die Seun is nie die Gees nie.   Alhoewel al drie God is, het elkeen sy eie spesifieke taak.  “Die drie Persone is dus nie maar net drie kante van die één God nie, maar drie lewende, handelende, willende en duidelik onderskeie Persone waain die één Goddelike Wese Homself ontplooi”  (Ek glo in die Heilige Gees.  -  Bybelkor).

Dis miskien makliker om te verstaan as ‘n mens daaraan dink dat  jyself ook een enkele mens is, maar met verskillende funksies en take naamlik:   vrou vir jou man, ma vir jou kinders en kind van jou ouers.   Geen voorbeeld kan egter die wonder van die Drie-eenheid behoorlik verduidelik nie.  Dis is ‘n Goddelike geheimenis wat ons kinderlik gelowig moet aanvaar.

Gebed:  Here, dankie dat U self vir my duidelik gemaak het dat U één God maar drie Persone is.

*God is drie onderskeie Persone.*

~ Uit Dagboek vir die Vrou – deur Nina Smit ~

Sunday, 26 May 2013

BESKERMD

Here, U alleen laat my veilig woon.  -  Ps  4:8

God het Noag aangespoor om ‘n ark te bou om hom te beskerm teen die vloed, nog lánk voor die eerste reën begin val het.  Net soos Noag is God nog steeds daar vandag om ons betyds te lei en te beskerm teen die stortvloed van uitdagings en gevare wat ons vreedsame bestaan mag bedreig.  Ons ark is ons diepste heiligdom – die plek van gebed – die plek waar ons inskakel op die koninkryk van God deur Christus wat in ons woon.

Ons glo en bevestig dat ons nou hier, en waar ons ookal mag gaan, altyd veilig en beskermd is in die lig en liefde van ons Heer.  Hy sorg vir ons, sien na ons om, en gee selfs Sy engele bevel om ons te behoed en te bewaar op al ons weë.

Tuis of by die werk, op die snelweë of in die lug, sê ons steeds dankie vir ons Hemelse Vader se beskerming.  Ons seën ons reis, ons seën die voertuig waarmee ons op reis gaan, en sorg dat die gedagtes wat ons dink slegs lig-gedagtes is – gedagtes gevestig op die lig en liefde van ons Heer en Meester.

Gebed:  In die liefde van God is ek altyd veilig.

~ Uit Daelikse Woord ~

Saturday, 25 May 2013

GELOOF

Jesus sê toe vir die offisier:  “Gaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur.”  En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword.  -  Matt. 8:13

Daar is mense en omstandighede wat ek volkome vertrou, want hulle is deel van my daaglikse lewe.  Maar wanneer dit by God kom, word my vertroue onwrikbare geloof in die wonder van Sy werke wat selfs die skynbaar onmoontlike moontlik maak.

Kyk maar hoe baie Jesus gepraat het van die krag en belangrikheid van geloof.  Vir sy volgelinge het Hy gesê as hulle glo, sal hulle selfs berge kan versit.  En ons weet Sy dissipels het ook wondere verrig, omdat hulle geloof so sterk was.

En nou?  Wat van ons?  Waarom sal ons nie ook ons geloof inspan in ons lewe nie – geloof wat brûe bou wat ons help om by die uitdagings verby te beweeg na seëninge van lig, liefde en krag van Bo.  Seëninge wat genesing bring en leiding, wat ons beskerm en ons harte vul met liefde, wat vrede bring in ons en om ons – heerlike seëninge van Bo – te veel om op te noem!  Dankie, Vader!

Gebed:  Ek glo en is geseënd!

~ Uit Daelikse Woord ~