DIE LEER VAN DIE DRIE-EENHEID
Lees -
Matteus 28:16-21
Gaan dan na al die nasies toe ... en doop hulle in die
Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees (Matt
28:19).
Deur sy Woord openbaar God Homself aan ons as één God
maar drie Persone: die Vader, die Seun
en die Heilige Gees. Die Vader is God,
Jesus is God én die Heilige Gees is God, maar die Vader is nie die Seun nie en
die Seun is nie die Gees nie. Alhoewel al
drie God is, het elkeen sy eie spesifieke taak.
“Die drie Persone is dus nie maar net drie kante van die één God nie,
maar drie lewende, handelende, willende en duidelik onderskeie Persone waain
die één Goddelike Wese Homself ontplooi”
(Ek glo in die Heilige Gees.
- Bybelkor).
Dis miskien makliker om te verstaan as ‘n mens daaraan
dink dat jyself ook een enkele mens is,
maar met verskillende funksies en take naamlik: vrou vir jou man, ma vir jou kinders en kind
van jou ouers. Geen voorbeeld kan egter
die wonder van die Drie-eenheid behoorlik verduidelik nie. Dis is ‘n Goddelike geheimenis wat ons
kinderlik gelowig moet aanvaar.
Gebed: Here,
dankie dat U self vir my duidelik gemaak het dat U één God maar drie Persone
is.
*God is drie onderskeie Persone.*
~ Uit Dagboek vir die Vrou – deur Nina Smit ~
No comments:
Post a Comment