VRIENDELIKHEID
Lees – Filippense 4:4-9
Die vrug van die Gees ... is ... vriendelikheid (Gal 6:22).
Daar is ‘n spreekwoord wat sê: “Vriendelikheid is die aansteeklikste ding op
aarde.” Toets maar of dit waar is deur
wanneer jy in die straat loop mense met ‘n vriendelike glimlag te groet. Jy sal sien, vreemdelinge sal jou net so
vriendelik teruggroet. Boonop kos
vriendelikheid niks en beteken dit so baie vir ander.
Vriendelikheid beteken ook om ander só te behandel
soos jy self behandel wil word. Dit is
om te gee van jouself sonder om iets terug te verwag. Oswald Saunders het gesê dat om vriendelik te
wees, is om met die Here se gesindheid na ander te kyk.
Kan ander aan die vriendelikheid wat uit jou straal,
sien dat die Heilige Gees in jou lewe teenwoordig is?
Gebed: Heilige Gees, maak my vriendelik met al die
mense om my, ook met dié wat ek nie ken nie.
Help my om met God se oë na hulle te kyk.
*Vandag gaan ek vriendelikheid kwistig
uitdeel aan almal om my.*
~ Uit Dagboek vir die Vrou deur
Nina Smit ~
No comments:
Post a Comment