LEIDING
Die Here sal jou altyddeur lei.
- Jes. 58:11
Al weet ek die besluit wat ek geneem het, is reg, is
ek tog huiwerig om dit summier deur te voer.
Ek doen dit omdat ek weet God is in beheer van my lewe en alles wat my
aangaan, en in my stil uur van gebed sal Hy my inspireer sodat ek presies die
regte stappe neem in die uitvoering van my besluit. Hy vra my aandag, en so gee ek dit vir Hom.
Met my aandag op Hom toegespits, maak ek Hom my eie –
Hy maak my Sy eie, en lei my altyd tot my hoogste heil. Ek pak niks sommer halsoorkop aan nie, maar
bly kalm en rustig, want ek weet Hy wat
in beheer van my lewe is, sal my beskerm en behoed, inspireer en lei, in alles
wat my aangaan.
Die rus en vrede, krag en insig, wat ek weerspieël in
my handel en wandel elke dag, getuig van my eenheid met my Heer en die vertroue
wat ek in Hom het as my leidsman en raadgewer.
Sy plan is stadig maar seker besig om in my lewe te ontvou, en ek is oop
daarvoor.
Gebed: Dankie, Vader, vir U lig so helder op my
lewenspad.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment