AS JY OUER
WORD
Lees – Psalm 92
Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in
krag. Hulle sal fris en lewenskragtig
wees (Ps 92:15).
Wanneer ‘n mens ouer word, beteken dit nie dat jy vir God minder werd is nie, soos dalk vir
ander mense nie. Soos die palmboom kan
jy ook jou krag in die Here vind, in jou ouderdom fris en lewenskragtig wees,
en selfs toeneem in krag. Jy kan vir
jou kinders en kleinkinders ‘n voorbeeld wees van God se genade; jy kan hulle help met jou ryper insig, en jy
kan aanhou vrugte dra vir jou Here.
Gebed: Hemelse
Vader, dankie dat ek, ook wanneer ek nie meer jonk is nie, my krag in U kan
vind. Help my om altyd vir U vrugte te
dra.
*’n Christen kan steeds vir die Here werk en vrug dra
al is hy nie meer so jonk nie.*
~ Nina Smit ~
1 comment:
Oh my my wooow, wees geseënd - verseker is die hand van die skrywer, haar
gedagtes geseënd en vol vrug, verseker trek sy sap van die wynstok en sy die lote, haar lote vol, soet sappige wysheid. Dié Meester van Alle Wysheid, haar mentor wat haar sal lei en onderrig in al haar weë. Spreuke1:5;laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,.... Shalom
Post a Comment