BID VIR ANDER
Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. -
Filip. 1:3
As ek bekommerd voel oor iemand anders, word ek stil, sluit my oë en sien die lig van die
Vader helder in en om daardie persoon skyn – ‘nlig wat liefde bring en
wysheid. Dis ‘n eenvoudige vorm van
gebed hierdie wat rus bring in my gemoed, en alle vrese laat verdwyn.
Wanneer my geliefdes voor ‘n probleem te staan gekom
het, bid ek vir hulle. Die omstandighede
waarin hulle verkeer mag dit vir hulle moeilik maak om op God te
konsentreer. Dit is dan wanneer my
bevestiging dat hulle toegevou word in Gods liefde, vir hulle baie kan beteken.
Ek kyk by die voorkomste verby en sien die lig, die
liefde en krag van God in hulle en om hulle aan die werk. Geen siekte, geen verlies of krisis, kan
staande bly voor die werkinge van die Drie-enige God en Vader nie. Ek glo dit, en sê dankie vir die onbekende
seëninge wat hulle te beurt gaan val as gevolg van dit wat hulle nou ervaar.
My gebede vir my geliefdes onderskraag hulle, en maak
hulle oop vir Gods krag om in en deur hulle te werk en wondere te laat geskied.
Gebed: In U lig Heer, sien ek my geliefdes.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment