GOEIE 
VRYDAG  
Vader, in U hande gee
ek my gees. – Luk. 23:46
Goeie Vrydag – ‘n 
SWART Vrydag wat ‘n  GÓÉIE  Vrydag geword het.  Die dag van álle dae soos daar nog  NÓÓIT 
in die bestaan van die wêreld was nie. 
‘n Dag wat nog stééds eerbiedig word deur Christene dwársdeur die wêreld
– die eerste dag van drie dae wat die einde van ‘n era en die begin van ‘n núwe
era was.
Dié dag toe GOD Sy éniggebore Seun gegee het om te sterf,
sodat ons, die héle mensdom, deur SY bloed van óns sondes gereinig kon
word:  “... die bloed ... wat vir baie
vergiet word tot vergewing van sondes.” 
- Matt. 26:28
Dié dag toe  JESUS,
deur te sterwe, ‘n deur vir ons óópgemaak het sodat ons déúr Hóm direk
met  GOD 
kan kommunikeer.  Die dag toe  SÝ 
VADER  ook óns VADER geword het –
die dag van  ÁLLE dae toe  GOD 
‘n  GOD van LIÉFDE geword het.
Laat ons dan ook hier, waar ons nou aan die voet van die  KRUIS 
kniel, níé ween nie – máár ons hárte na  HÓM  toe uithou en die woorde van  JESUS 
ons éie maak:
“VADER  in  Ú 
hande gee ek my gees – my lewe, my alles.”
Gebed:  Dankbaar met my hande omhoog, betuig ek my
dank aan Ú, Heer Jesus, vir wat U daar aan die kruis vir mý gedoen het  en Vader God vir Ú genade aan my. Woorde ontbreek,
ek kan maar net my hart vir *Ú* gee, want net U ken die inhoud daarvan.  Amen
~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~
Koningsdogters- en Seuns vir Jesus
/Kingdom Daughters and Sons for Jesus / Facebook
https://www.facebook.com/KoningsdogtersEnSeunsvirJesusKingdomDaughtersSons/photos/a.263933510356362.62320.257199281029785/1304368996312803/?type=3&theater