Wednesday, 27 June 2012





BESKERMD


Hieraan weet ons dat Hy in ons bly:  Hy het ons Sy Gees gegee.   
1 Joh. 3:24


God het ons sy Gees gegee, en as ons hierdie grootse waarheid ons eie maak, en die teenwoordigheid van hierdie Heilige Gees in ons erken, sal Hy sorg vir ons veiligheid – Hy sal oor ons die wag hou, waar ons ons ookal mag woon, werk, loop of ry.

Hy is my konstante metgesel.  Hy is met my in die stilte van die nag om my nie alleen te laat voel nie, Hy ry saam met my in die besige verkeer, Hy stap saam met my waar ek ookal heem mag stap.  In die kwaaiste storm is Hy daar as my veilige hawe, en voor ‘n wonderskone sonsondergang is Hy daar om dit saam met my te geniet.

Ek praat met Hom – soms saggies of soms selfs hardop.  Hy hoor alles, en as ek stil word, sal ek sy antwoord hoor, diep in my siel.

Dankie Vader, vir die wonder van U Heilige Gees in my.  Maak my hierdie grootse geskenk waardig, Heer, in my handel en in my wandel deur elke mooi en kosbare dag geskenk deur U.


Gebed:  Dankie Vader vir die seën van U Heilige Gees.


~ Uit Daelikse Woord ~




Friday, 22 June 2012





BEMOEDIG


Ons Here is groot en magtig, Sy kennis is onbegrens.  -  Ps. 147:5


Ek is opgewek, entoesiasties en optimisties.  Terneergedruktheid, treurigheid en teleurstellings het geen plek in my lewe nie.  Ook het negatiewe emosies geen houvas op my nie want ek is vervul met die onoorwinlike Gees van Christus.  Hierdie almagtige Gees verhef my, bemoedig my en staan my by.  Ek is nooit alleen nie want ek word gedurigdeur gerusgestel en geïnspireer deur Sy lewende, liefdevolle Gees binne-in my.  Ek word gelei, krag geskenk en gevul met vrede, liefde en blydskap.  Ek is gemotiveerd en vervuld.  Wat ookal die behoefte en wat ook al die begeerte, ek word bemoedig deur Christus binne-in my wat my verseker van volmaakte vervulling.

Die Psalmis sing op verskillende plekke: 

“Die Here ondersteun almal wat val en Hy rig almal op wat neergeboë is”, 
“Die Here rig die wat geboë is, op”, 
“Hy kroon die hulpeloses met oorwinning.” 

Ek wil ook so sing.  Ek voel bemoedig deur die Gees van Christus binne-in my en ek weet dat Sy ewigdurende liefde met my is.


Gebed:  Christus kroon my met oorwinning en sukses.


~ Uit Daelikse Woord ~




Thursday, 21 June 2012





FORGIVENESS  LEADS  TO  FREEDOM


How do you know if forgiveness has taken place?

"You'll know that you are forgiven if you can let God's love flow through you to that person," says Doug Easterday. "If the person walked in, would you let that love be expressed?

"If you answered no, then forgiveness has not taken place.

"'Well, he or she doesn't deserve it.' Then forgiveness has not fully taken place.

"'Well, I don't know if I can.' Then forgiveness needs to go deeper. Forgiveness is like an onion; there are layers to it. The first layer of an onion is still an onion, but there is more onion underneath. Forgiveness often has layers to it. Forgiveness is not entirely complete until all the layers are gone, and then you can say, 'I can forgive, because I choose to.' When you can let the Lord flow His love through you, then you can say, 'I know that I'm walking right with God in forgiveness.'"

When you have forgiven, you are free and released from self-induced bondage.

"For if you forgive men when they sin against you, your heavenly Father will also forgive you. But if you do not forgive men their sins, your Father will not forgive your sins" (Matthew 6:14-15).


Father, grant me the ability to forgive and free my heart to love again. Amen.






INNERLIKE VREDE


By God is alle dinge moontlik.  -  Mark. 10:27 OV


Watter sleutel sluit die deur tot algehele vrede oop?  Jesus het ons die antwoord en ook die sleutel hiervoor en vir talle ander heerlike hemelse skatte gegee toe Hy gesê het. “By God is alle dinge moontlik.”

As ek hierdie waarheid my eie maak, sal daar vrede kom in my gemoed en in my hart, ‘n vrede gebaseer op Sy grootse liefde vir my, en met vreugde sal ek uitroep:  “Dankie Vader, dat u my so vry maak van alle kommer en sorge – dankie dat ek in U lig, liefde en krag enige situasie met vertroue kan benader.  Dankie dat ek een is met U – een met U vrede en liefde.”

Ek ken Hom op al my weë, en vergeet vir geen oomblik hoe na aan my Heer ek werklik is nie.  In Sy grootse liefde lei Hy my, rig Hy my en onderskraag Hy my, maak my gesond en verkwik Hy my siel.  Hoe diep my dank en hoe groot die vrede in my hart as ek my Heer ken op al my weë!

Aan u Heer al my lof en dank vir die diep innerlike vrede wat ek net by U kan vind, omdat ek weet – by U is alle dinge moontlik!


Gebed:  By God is alle dinge moontlik!


~ Uit Daelikse Woord ~







Wednesday, 20 June 2012






BID VIR ANDER


Bid vir mekaar. – Jak. 5:16


Of ek nou baie aan almal wat na aan my hart is dink omdat ek besorgd is oor hulle, of omdat ek ‘n spesiale vreugde met hulle deel, my gebede vir hulle bly dieselfde – gebede van geloof en seënwense.

“Dierbare, ek wens jou die vrede toe wat jy sal ontdek in die teenwoordigheid van jou eie  inwonende Christus.

Ek wens jou die tevredenheid toe wat jy sal vind in Sy liefde wat jou steeds omvou.

Ek wens jou die vreugde toe wat joune sal wees as jy Hom jou metgesel maak deur jou dae heen.

Ek wens jou die krag toe wat jou in staat sal stel om ‘n wenner te wees in die arena van die lewe – Sy krag in jou!

Ek wens jou die vervulling toe wat jy sal ondervind as jy jou vrede, jou liefde en vreugde vandag met andere deel.”

My gedagtes en gebede wat ek in harmonie bring met Gods lig, liefde en krag, vorm ‘n kragtige baan van lig waarlangs God Sy wonderwerke kan doen.  Dit bring heling mee, maak foute reg, en bring vrede, liefde, vreugde en geluk, ons lewens binne.


Gebed:  Dierbare, ek wens jou net die beste toe.


~ Uit Daelikse Woord ~




Tuesday, 19 June 2012





WOORDE


“Here, stel ‘n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.” – Ps. 141:3


Ek sal weier om my gedagtes uit te spreek as hulle nie liefdevol, vriendelik of waar is nie.  Vandag sal ek op my woorde let en alleen daardie woorde en gedagtes uitspreek wat ek graag sal wil sien vermenigvuldig in my lewe en in my wêreld.  Ek erken die mag van die gesproke woord en let fyn op na wat ek sê, sodat my woorde tot seën sal wees vir alles en almal met wie ek hierdie mooi dag mag deel.

Deur Sy teenwoordigheid in my het ek die mag om die onnadenkende en onvriendelike woorde wat by my opkom te verwerp voordat ek hulle uitspreek.  Ek hoef nie op ‘n ander se onvriendelikheid te antwoord nie.  Ek hoef nie vrees of twyfel uit te spreek nie.  Ek het geen rede om my woede te lug nie.  Binne-in my is die Antwoord op al my behoeftes.

Vandag sal ek God aanstel oor my gesprekke.  Ek sal my woorde aan die waarheid toets en net dit wat mooi en goed is in woorde uitspreek.


Gebed:  Stel vandag ‘n wag voor my mond, o Heer!


~ Uit Daelikse Woord ~




Sunday, 17 June 2012





BESKERMING


Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?   - Ps. 27:1


Waar ek ookal vandag mag gaan en wat ek ookal mag doen, ek weet my Heer is met my om my te beskerm en te onderskraag.  Ek kan nêrens wees waar Hy nie is nie.  Daar is niks wat Hy nie kan heel nie – geen uitdaging waardeur Hy my nie veilig kan lei nie.

Die wete dat ek nooit alleen is nie, vul my met die nodige moed en krag om blymoedig voort te gaan.  Hy voorsien my van al die krag wat ek ooit nodig mag hê, van die wysheid en intelligensie om die regte besluite te neem en die moed en durf om dit deur te voer.

Is ek in die diepste duisternis – my Heer is met my.  Sweef ek oor die bergtoppe van suiwer geluk – ook daar is Hy steeds met my.  In my smart en in my vreugde is Hy die troue vriend aan my sy.  Hy help my om positief te bly onder alle omstandighede, en saam met Hom word elke probleem slegs ‘n geleentheid om nog nader aan Hom te groei.

Elke oomblik, elke uur, is Hy met my – vir wie sou ek dan vrees?


Gebed:  Die Here is my toevlug.


~ Uit Daelikse Woord ~